Featured News

Kunstenaar tree in om riool probleem aan te spreek

Written by Mickey Mentz

Terwyl regeringsbeamptes wik en weeg oor wat die beste oplossing gaan wees vir die riool probleem waarmee inwoners van Suurbraak se informele nedersetting sukkel, het plaaslike kunstenaar Donovan Julius besluit genoeg is genoeg.

Die pleit van hierdie groep inwoners is onlangs hier die kollig geplaas en Julius het intussen werk daarvan gemaak om ‘n plan van aksie in plek te sit.

https://news62.co.za/suurbraak-inwoners-sukkel-steeds-met-water-sanitasie-behoeftes/

Hy het verskeie rolspelers in die gemeenskap genader en daar is besluit dat ‘n poging aangewend gaan word om kompostoilette by ten minste 15 sinkhokke op te rig.

“Na hoeveel jaar se demokrasie moet mense nog so sukkel en in haglike omstandighede leef? Mense beweer dat hulle omgee maar steeds word die regte ding nie gedoen nie,” vertel Julius.

Om hierdie projek te befonds beplan hy om een van sy kunswerke op te veil en ook ‘n skare befondsing oftewel crowd funding veldtog van stapel te stuur.

“Ek het met die mense gesels wat hierdie toilette installeer en ons gaan ongeveer R20 000 benodig om die projek te voltooi”.

Intussen word persone of besighede wat wil help gevra om Julius direk op 061 834 6184 te skakel.

Of volg hom net op Instagram waar hy sy AMAZING werk met die heelal deel.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment