Karoo Art Hotel
Environment Lifestyle

Smitsville word in ‘n japtrap met bome bedek

Written by Mickey Mentz

Bome en kunsmis ter waarde van R20 000 is die verlede week by huise wat onlangs in Smitsville, Barrydale, deur Swellendam Munisipaliteit gebou is, geplant.

Dit is alles te danke aan die alombekende Barrydale inwoner Reuben Hart wat die projek gedryf het. Daar is uiteindelik sowat 50 bome geplant.

Hart het klaarblyklik ‘n reuse hart en hy het besluit om in samewerking met die Barrydale Eco Warriors (‘n jeug aksie wat kinders meer omgewingsbewus maak), Net vir Pret en Herman Witbooi se ‘The Hope Boys’ hierdie reuse taak aan te pak.

Hy het ‘n sowat ‘n maand gelede ‘n beroep op die gemeenskap gedoen vir fondse vir die aankoop van die bome en kunsmis en met die hulp van Muir Mackenzie is die spul vanaf Nick en Helga se Otterbend Kwekery in Swellendam na Barrydale vervoer.

Daarna was dit skouer aan die wiel sit en Hart het Woendsdag (11 Mei) self saam met die groep manne gespit en seker gemaak dat al die bome netjies geplant word.

“Al wat elke huishouding nou moet doen is om twee keer per week hul badwater op die bome uit te laat loop, dan sal almal oor ‘n jaar of wat skaduwee in die somer geniet,” verduidelik Hart.

Vir Daniel Matthys (46) wat voorheen in ‘n sinkhok gebly het, was hierdie gebaar iets wat hy vir lank sal onthou.

Matthys het reeds mooi klipmuurtjies om sy nuwe erf begin bou en is dankbaar dat hy nou ook die liefde wat hy vir die natuur het kan uitleef.

Daniel Matthys is trots op asy nuwe tuin


“Baie dankie Reuben! Hierdie was ‘n groot verassing en ek belowe dat die boom genoeg water sal kry,” meen Mr Matthys.

Die uitdaging nou is vir elk van die inwoners wat gelukkig genoeg was om ‘n staatshuis te onvang om hulle tuine so mooi te maak dat dit ook later vanjaar as deel van die gewilde Barrydale in Bloom roete kan uitmaak.

Lees ook: Kunsternaar tree in om riool probleem aan te spreek

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment