Featured News

Lichia woeker by Barrydale ACVV

Die hoop is dat sy binnekort voltyds haar gemeenskap kan dien maar intussen doen bekende Barrydaler Lichia Hough haar bes om as die nuwe administrasie bestuurder van Barrydale ACVV (Afrikaanse Christelike Vroue Vereeniging) te sorg dat sake vlot verloop.

Lichia het aan die begin van die jaar by die dorp se geliefde maatskaplike werker, Annaline Zulch, aangesluit om toe te sien dat alle dokumentasie van hierdie uiters belangrike diensverskaffer in die dorp in orde is.

Sy is ook vuur en flam om broodnodige fondse vir die organisasie in te samel so die sakegemeenskap van die omgewing kan maar gereed staan – Lichia gaan ‘n punt daarvan maak om seker te maak dat Annaline die nodige hulpbronne het om haar taak in die gemeenskap te verrig.

Barrydale ACVV lewer sedert 2015, in samewerking met Barrydale SAPD, maatskaplike dienste aan die gemeenskap. Hulle kyk na die welstand van vroue en kinders en poog om ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van die jeug te speel.

Hetsy dit emosionele ondersteuning is, of slegs opleiding vir ouers, die rol van die ACVV in ons klein gemeenskap kan nie onderskat word nie.


“Ek weet ek kan hier ‘n groot verskil maak en ek sien daarna uit om Anneline by te staan met die take wat sy (vrou alleen) nie altyd by uit kan kom nie,” verduidelik Lichia.


Lichia nooi byvoorbaat alle besighede in die omgewing wat daarin belangstel om die ACVV met woord en daad te ondersteun om haar by 071 127 9004 te skakel.

Lees ook: Sowat 50 bome in Smitsville geplant

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment