Magpie
Community News

Barrydale treur steeds oor Liezel

Liezel Booysen Moord
Written by Mickey Mentz

Ondersoekspan op die tonneel waar tiener vermoor is

Terwyl die moordsaak van Liezel Booysen in die Swellendam Hooggeregshof voortduur, het die gemeenskap van Barrydale net weer besef dat die wonde wat deur haar grusame afsterwe veroorsaak is, nog lank nie genees het nie.

Die beskuldigde, Pieter September (37), het op die klag van moord skuldig gepleit en sy verhoor het op 16 Augustus begin. Volgens die polisie se streekswoordvoerder, Kaptein M Pojie, sal die saak tot 27 Augustus voortduur.

September het die week getuig dat Liezel die bottel drank laat val het en dat hy so kwaad geword het dat hy haar vol gate gesteek het.

Liezel (14) is op 18 Julie 2020 vermoor nadat sy en ‘n maat na bewering saam met September gestap het om drank te gaan haal wat hy by die plaaslike stortingsterrein weggesteek het.

“Die twee meisies het saam met hom [September] geloop, verby die stortingsterrein in Barrydale waar hy die een meisie aangesê het om vir hom en die slagoffer te wag,” lees die amptelike verklaring.

“Hy en die ander tiener het toe verder die veld ingeloop. Oomblikke later het die tiener wie vir hulle moes wag, ‘n gil of skree geluid gehoor en weggehardloop na haar woning te Smitsville Barrydale waar sy haar familie ingelig het rondom die voorval.”

Beskuldigde getuig oor moord

September het die week getuig dat Liezel die bottel drank laat val het en dat hy so kwaad geword het dat hy haar vol gate gesteek het.

Hy het met sy bebloede lyf weer terug gestap Smitsville toe en is later deur lede van Barrydale SAPS vasgetrek.

“Nadat die verdagte opgespoor en ondervra is het die ondersoek span het op die vermiste tiener se liggaam afgekom waar dit onder bosse vesteek was. Sy was verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek en het aan haar wonde beswyk,” het Pojie bevestig.

Die week het ‘n “ondersoek te plaatse” in Barrydlae plaasgevind waar die Hof die oorsprong van die misdaad tot by die moord toneel gedoen het waartydens sekere punte deur die beskuldigde en getuie uitgewys is.

Bekende inwoner help Liezel se mense

Uiteraard was hierdie voorval een wat groot skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het en volgens Marinda Dolf, ‘n bekende inwoner wat kort na die voorval bystand aan Liezel se mense gebied het, was dit ‘n groot “eye-opener” vir die almal gewees.

“Ons het as vroue geleer dat mens niemand kan vertrou nie. Nie eers in ‘n veilige dorpie soos Barrydale nie.”

“Waar daar alkohol betrokke is, gaan daar altyd probleme wees en ons as gemeenskap moet sorg dat so iets nooit weer gebeur nie.”

Marinda probeer steeds om die kinders wat by Liezel se huis woon (daar is sowat 15 kinders wat dikwels honger ly te help waar sy kan. Dit is egter ‘n baie moeilike taak vir een vrou.

“Ek probeer om so elke nou en dan kos af te lewer vir Liezel se mense, maar as ek daar opdaag kom daar soms tot 60 kinders daar aan en wie kan nou ‘n kind wegwys.”

Intussen duur die hofsaak voort en hoop Marinda (en al die vroue wat dit voorheen duidelik gemaak het dat September nooit weer welkom in Barrydale sal wees nie) dat geregtighed tydens vrouemaand sal seevier.

Lees ook:

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment