Community Food

Biltong, Vleis en net die beste organiese produkte by The Farm Deli

The Farm Deli

Bespaar groot met nuwe lojaliteitsprogram

Of dit nou karoolam, koedoewors of hoender is, The Farm Deli is Barrydale se een-stop vleis- en organieseprodukte verskaffer en daarom het hulle besluit om hul klante met ‘n lojaliteitsprogram te beloon.

Die winkel is langs die Mud Gallery op die R62 geleë en is ‘n bastion vir gesonde, plaasvars produkte.

Nes die geval by van die groot ketting winkels is, kan klante groot besparings geniet wanneer hulle R100 of meer in die winkel spandeer.

“Vir elke R100 wat kliënte op die heerlikste maalvleis, spek, varkboud of enige ander produkte in die winkel spandeer verdien hul ‘n lojaliteit plakker.

Versamel dan 10 plakkers om reuse besparings op van jou gunsteling produkte te geniet,” verduidelik Deli eienaar Lariska Coetzee.

Dan is daar nog goeie nuus. Tot Sondag gee The Farm Deli ‘n boksie naartjies aan elke persoon wat R100 of meer in die winkel spandeer.

Let wel, hierdie is slegs geldig tot Sondag (26 Junie) en slegs een boksie naartjies per persoon.


The Farm Deli is trots daarop dat meeste van hul produkte plaaslik vekry word en dat daar sonder twyfel die mees omvattende reeks organiese produkte verkoop word.

Daar is ook sprake dat Juanita le Grange se legendariese varkworsies binnekort by The Farm Deli verkoop gaan word.

“Ons probeer om sover moontlik ons gemeenskap te dien en luister graag na voorstelle raakende produkte wat die gemeenskap soek.

Ons is ook ‘n afsetpunt vir plaaslike groente produsente, so kom loer gerus in.”

Nie genoeg besparings nie?

Wel dan kan jy gerus voortaan al jou All About Sheep produkte by The Farm Deli aanskaf aangesien klante ‘n gratis klein yogurt saam met die aankoop van hul Kefir of Labneh kry.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment