Karoo Art Hotel
Community News

Drie jong Barrydale vroue op dieselfde dag verkrag

Crime
Written by Mickey Mentz

Twee verdagtes reeds in hegtenis

Drie jong vroue van Smitsville, Barrydale, het op 29 Mei verkragtings by Barrydale SAPS aangemeld.

In twee van die drie gevalle het die slagoffers vir hul lewens gepleit nadat hulle met wapens gedreig is, die derde vrou is na bewering in haar slaap betas.

Volgens polisie woordvoerder, Kaptein Malcolm Pojie, is twee van die verdagtes reeds gearresteer.

“Twee verdagtes, ouderdomme van onderskeidelik 28 en 21-jaar oud is reeds deur die polisie gearresteer en verskyn eersdaags (31 Mei) in die plaaslike landdroshof in verband met die verkragtingsake wat teen hulle gemaak is,” aldus Pojie.

Die eerste voorval

Volgens Pojie dui die voorlopige ondersoek daarop dat ‘n 28-jarige verdagte sy 20-jarige slagoffer omstreeks 03:00 met ‘n mes gedreig het, haar in ‘n oop stuk veld naby Keesstraat gesleep het en haar daar verkrag het.

Die jong vrou was glo op pad huistoe nadat sy by vriende in die omgewing gekuier het.

Die tweede voorval

‘n Halfuur voor hierdie voorval (02:30) is ‘n 21-jarige na bewering deur haar voormalige kêrel (21) verkrag.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte die klaagster na sy huis geneem het onder dwang, haar aangerand het en met ‘n byl gedreig het waarna hy haar verkrag het,” het Pojie in ‘n verklaring gemeld.

Beide die verdagtes wat gearresteer is sal vandag (31 Mei) in die Swellendam Landdroshof verskyn.

Die derde voorval

Pojie het ook bevestig dat die derde voorval wat op 29 Mei plaasgevind het, omstreeks 12:30 te Talliesstraat, Smitsville, gebeur het.

“Die klaagster beweer dat sy onder die invloed van alkohol was en aan die slaap geraak het by die woning van haar voormalige skoonmense. Terwyl sy geslaap het, het sy ervaar dat iemand besig was om met haar omgang te hê.”

“Sy het aanvanklik gedink dat dit haar kêrel was, maar toe sy wakker skrik het sy besef dat dit nie hy is nie.”

Diè verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment