Francois Brill
Featured News Sport

BEVESTIG: Smitsville se Syster is SA Kickboxing Kampioen

Sa Kickboxing
Written by Mickey Mentz

Trotse oomblik in die geskiedenis van Barrydale Panic Room

Elxzandre Syster het vanoggend (15 Mei) tydens die SA National Kickboxing Championships se prysuitdeling wat by die Dias Hotel in Mosselbaai plaasgevind het, sy titel as 2022 SA Kickboxing Kampioen vir seuns Onder 52kg ontvang.

Syster het oor die naweek kragte gemeet met vegters van regoor die land en die Barrydaler het in beide die punte- en deurlopende (continuous) afdelings koning gekraai.

News62

“Woorde kan nie beskryf hoe trots ons op hierdie jong man is nie,” het sy afrigter Conroy Williams van Panic Room gesê.

“Ek wil graag al die besighede en inwoners van die dorp vir die ondersteuning wat hulle vir ons drie vegters gegee het bedank. Dit beteken meer as wat julle ooit sal besef. Dankie!”

Barrydale se Jubraun Solomons het brons in sy afdeling verwerf en kon beslis verder gevorder het as dit nie dit nie vir ‘n ernstige neusbloei was nie.

Volgens Williams het die langman, Heinrich Coetzee, wie ook as deel van die Westerlike Provinsie Span geveg het, hom uitstekend van sy taak gewkyt.

“Heinrich is nie as een van die top drie vegters in die land nie bevestig nie, maar hy het sonder twyfel van sy beste gevegte oor die naweek gehad. Ons is net so trots op hom,” aldus Williams.

Barrydale se helde keer later vanmiddag terug.

Biking
Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment