Francois Brill
Lifestyle News

Vars uit Pretoria: Bierman begin as bestuurder by Barrydale Hand Weavers

Barrydale Hand Weavers
Written by Mickey Mentz

Daar heers alweer groot opwinding by die Barrydale Hand Weavers se nuwe fabriek wat by die Joseph Barry Kelder geleë is, maar die keer het dit nie met die bekendstelling van ‘n nuwe produk te doen nie.

Die Hand Weavers is in hulle noppies omdat Denise Bierman op 3 Mei as hul nuwe algemene bestuurder aangesluit het en sy sien reeds daarna uit om saam met haar span die besigheid na nuwe hoogtes te neem.

Ruth Goodman

Denise is ‘n Pretorianer in murg en been. Sy het Garsfontein se geraas vir die skoonheid van die platteland verruil en met die wete dat sy nou in ‘n veilige dorp, in die natuurskoon woon, hoop sy om hier op haar manier ‘n verskil te maak.

Waarom Barrydale?

Die geleeentheid om by die Weavers aan te sluit was heel per toeval gewees. Denise het gedurende Maart ‘n AGOA funksie vir opkomende besighede in Kaapstad bygewoon en daar het ‘n vrou uit Natal aan haar verduidelik dat daar ‘n uitstekende geleentheid op die dorp bestaan.

Denise se eerste passie is haar eie besigheid, Fontis Organic Skinfood, maar sy het besef dat sy haar vaardighede in die sakewêreld ook op ander gebiede sal moet toepas terwyl haar produk in sy groei fase is.

Barrydale Hand Weavers pos pas haar soos ‘n handskoen

“Ek hou van die feit dat dit kwaliteit produkte is wat hier vervaardig word. Dit is luukse produkte en ek hou ook van die feit dat dit handgemaak is,” het sy verduidelik.

Die Weavers produkte sluit ook aan by haar liefde vir ‘Wellness’ produkte, tog is dit die goeie mense verhoudings in die besigheid wat haar oortuig het om haar stadslewe finaal te los.

“Wat my beïndruk het is dat daar mense hier is wat reeds jare hier werk en daarvan getuig dat hulle gelukkig is.”

Dit spreek boekdele van die besigheid en ook toe ek tydens my onderhoude met van die mense hier gesels het, kom jy dadelik agter dat hulle dit geniet om hier te werk.”

Die rol wat die Hand Weavers in Barrydale se ekonomie speel, is vir haar net so belangrik.

“Dit is ‘n besigheid in die dorp wat groei en werk skep en dit het beslis my aandag getrek.”

“Die mense is hier belangrik en dit pas my want ek wou nie vir ‘n koue korporatiewe maatskappy weer gewerk het nie.”

Welkom in Barrydale Denise, en skaf gerus vir jou ‘n Barrydale Hand Weavers kombersie aan, want dit raak effe koud hier in die Klein Karoo.

Lees Ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment