Karoo Art Hotel
Community Featured News

Barries staan bankvas agter Meneer Van Niekerk

Jacques van Niekerk
Written by Mickey Mentz

Hoërskool Barrydale leerders kry inspirasie by onderwyser wie se been geamputeer is.

Dit gaan nog ‘n ruk neem voor die leerders, onderwysers en selfs ouers van Hoërskool Barrydale daaraan gewoond raak dat die lewenslange Meneer Jacques van Niekerk nie soggens by sy voertuig uit rank nie.

Diè opvoeder wat net so oor die twee-meter lank is se regterbeen is aan die begin van die jaar weens verskeie gesondheidskomplikasies geamputeer en die gevolg is dat hy nou vanuit ‘n rolstoel sy klasse aanbied.

Barrydale Hand Weavers
*advertensie

Vir diegene wat hom goed ken is een ding egter duidelik; die terugslag het net van hom ‘n beter mens en onderwyser gemaak.

As iemand wat ‘n besondere passie vir sy verantwoordelikheid as opvoeder het, behoort die uitwerking wat hy as voorbeeld vir die jongmense is, hom meer gelukkig as enige onderskeiding te maak.

Noudat mammie nie meer hier is nie, gebeur alles met ons

“Vir ons is meneer ‘n inspirasie en meneer is ‘n voorbeeld vir ons om deur te druk en sterker te wees as wat mens kan wees,” het Graad 9-leerder Frans-Ray Marais verduidelik.

“Soos ons meneer nou sien en onthou hoe meneer verlede jaar was, is meneer nou nog sterker.”

Onderwys in sy bloed

Hoërskool Barrydale skoolhoof, Jean Swanepoel, meen dat hierdie terugslag wat die 39-jarige leermeester ervaar het beslis ‘n invloed op sy werk het.

Meneer Van Niekerk is nou nog meer gemotiveerd om te sorg dat sy studente hulle volle potensiaal bereik – onderwys is nog vir hom ‘n roeping, nie net ‘n werk nie.

“Hy is nou meer streng so die kinders luister na hom en al wil ons hom help, probeer hy alles self doen,” het Swanepoel vertel.

“Hy is op tyd met sy werk, sy beplanning is in plek en as ons oor die algeheel na hom kyk kan ek sê hy is ‘n uitstekende opvoeder.

“Hy is baie pligsgetrou teenoor die onderwys en ook teenoor die kinders en hy is baie lief vir onderwys en skoolhou.”

Jacques van Niekerk
Meneer Jacques van Niekerk en Hoërskool Barrydale skoolhoof, Jean Swanepoel is dit eens dat niks in hul pad sal staan om die beste moontlike onderrig aan leerders van die dorp te bied nie.

“Hy is ‘n ware onderwyser in die sin dat hy ‘n verskil in leerders se lewens maak. Ons kan dit sien in die leerders wat in Graad 12 hier uitstap.”

Swanepoel het bevestig dat Van Niekerk binnekort sy permanente aanstelling sal ontvang en hy het ook sy lof teenoor die skool se beheerliggaam uitgespreek nadat daar ‘n daadwerklike poging aangewend is om die skool meer rolstoelvriendelik te maak.

Meneer Van Niekerk maak van ‘n elektroniese smart-bord gebruik en wat die skool aanbetref is dit ‘n geval van ‘business as usual’.

“Daar het niks verlore gegaan wat sy werk aanbetref nie. Daar is dissipline in die klas sy werk is op datum.”

“Ons kan nie sy gebreke raaksien nie. Inteendeel, hy geniet nou dalk klasgee meer as ooit van tevore.”

Hartseer tye in die Van Niekerk huis


Meneer Van Niekerk se been het in Oktober 2021 begin opswel en aanvanklik het hy gedink  gedink dit is gout maar dit is later bevestig dat dit ‘n bloedklont was.

“Ek is diabeet en dit het ook aanleiding tot die situasie gegee,” verduidelik Van Niekerk.

Die operasie het op 5 Januarie plaasgevind en hoewel dit n traumatiese ervaring was, was hy bly dat sy huisdokter, Dr Keyser, hom reeds maande voor die tyd geestelik begin voorberei het.

“Ek is hospitaal toe met die wete dat ek my voet of been kon verloor en ek was nie bang nie, maar terwyl ek so gelê en wag het, het daar ‘n vrees oor my gekom. Wat gaan van my word…het ek gedink”

Meneer van Niekerk was wakker tydens die prosedure, net sy onderlyf is verdoof, en hy kon dus hoor wat besig was om te gebeur.

Dit was daar wat hy sy oorlede ma die meeste gemis het.

Die terugslag was nog vars in sy geheue aangesien haar afsterwe weens emfiseem in Maart 2021 was.

“Noudat mammie nie meer hier is nie, gebeur alles met ons,” het hy by homself gedink.

‘n Tweede kans in die lewe

Dit was daar in sy hospitaalbed wat hy besef het dat hy ‘n tweede kans gekry het om lewens te verander. En dit is juis om die rede wat sy taak as opvoeder net soveel meer belangrik vir hom geword het.

“Toe ek die been verloor het, het ek gevoel ek kry ‘n tweede kans want enige iets kon met my op die operasie tafel gebeur het.”

“Die tweede kans is hier, ek kan nie slap lê nie. Ek is hie om te bewys al verloor jy ook wat, die lewe gaan aan.”

“Ek was vir ‘n kwartaal weg en later het ek ledig begin voel by die huis want ek lê net. Toe begin ek Teams Meetings bywoon en dit het gemaak dat bitter graag weer terug by die skool wil wees.”

Vandag is hy waar hy hoort en die feit dat hy elke oggend vanaf Heidelberg deur ry, met vergunning van sy pa as drywer, dien as voorbeeld dat enige iets moontlik is as mens se ingesteldheid reg is.

Terloops, Meneer Van Niekerk se pa verkies om sy bakkie elke dag daar voor die MUD Gallery te parkeer – dit is waar hy wil wees tot hy sy inspirasie van ‘n seun weer by die werk oplaai.

Lees ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment