Francois Brill
Featured News

Barrydalers skrik groot toe selfoontoring omhulsel teen koppie af tuimel

Selfoon toring
Written by Mickey Mentz

Kinders speel reeds in die stukkende stuk plastiek

Inwoners van Barrydale was vanmiddag in rep en roer toe ‘n groot stuk plastiek wat bestem was om die dorp se nuwe selfoontoring te bedek, omstreeks 12uur teen die koppie afgerol het.

Ashley Laats
*Advertensie. Sakel vandag vir Ashley vir ‘n konsultasie

Ooggetuie beskryf die voorval

“Ek sit nog rustig in my kamer en toe hoor ek mense skree. Toe ek uitkyk by die venster sien ek ‘n handjievol mense hardloop for dear life!,” het ‘n man aan News62 verduidelik.

“Toe ek op kyk sien ek hier hoe die stuk toring teen die koppie afrol. My dônner dit was nou ‘n scene.”

Die Mas van ‘n nuwe selfoontoring wat binnekort in werking sal wees

Die toring word na bewering deur Atlas Towers, namens Vodacom, opgerig. Ander maatskappye soos MTN, wat sukkel met sein in die dorp, mag moontlik van hierdie toring gebruik maak.

Intussen het groepies kinders reeds ‘n pretpark van soorte van die stuk plastiek omhulsel gemaak.

Geen beserings is aangemeld nie.

Dormehl Property Group
*Advertensie

Lees ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment