Featured News

Pothole kelder Williams se Fight Night planne

Written by Mickey Mentz

Nuwe vegter gesoek om teen Burgemeester te baklei

Conroy Williams sal weens ‘n ernstige enkelbesering nie meer op 10 Desember Swellendam Burgemeester Francois du Rand by Barrydale Fight Night ‘n boksles of twee kan gee nie.

Williams het tydens ‘n draf sessie die vermeende potplant dief wat Jaime Wright se potte gesteel het agterna gesit en in die proses sy enkel weens ‘n moerse pothole naby die hoërskool beseer. (sien fotos onder)

Daar word dringend na ‘n plaasvervanger gesoek wat kans sien om Du Rand in die Karoo Art Hotel se beroemde Belanti Saal te pak.

Barrydale Fight Night

Gert, Peter en Ronnie in die mix

Volgens betroubare bronne het voormalige Springbok gimnas Gert Mills homself beskikbaar gestel vir die geveg, maar hy het self onlangs ‘n braaibesering opgedoen. Stadig oor die kole Gertjie.

*Advertensie

Die Khoi leier Peter Takelo het die geleentheid van die hand gewys en glo gesê: “Ek is ‘n man van liefde, nie geweld.”

Daar was ook sprake dat Ronnie Price van Ronnie’s Sex Shop Williams se plek sou volstaan, maar Ronnie het so paar jaar gelde opgehou drink en hy kon glo lekker baklei na ‘n paar kappe. Nou bepaal hy homself net by die gebeure in sy sekswinkel.

“Wie dink jy hang al die panties aan die dak, boet?”

Williams het ‘n beroep gedoen aan alle Barrydalers wat kans sien om die omgewing se eerste burger aan te vat, om navore te kom.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment