Community Featured Sport

Stryders bly onoorwonne in Barrydale Derby

Stryders het op 10 Augustus weereens as oorwinnaar uitgestap teen die Barrydale Flying Eagles.

Deur Nataniël Pokwas

Hierdie “derby” wat vir die hele week gees gebou het, het gesien hoe die Stryders hul vierdie agtereenvolgende oorwinning teen die Flying Eagles met die telling van 24-16 behaal het.

Foto: Graham Abbott

Die Eagles het natuurlik met goeie gees in hierdie stryd ingekom nadat hulle ‘n uitstekende wen teen Evergreens met die telling van 31-10 behaal het.

Maar weereens kon hulle egter nie mas opkom teen Stryders nie. Stryders lê tans vierdie op die Overberg Streekuitdaag punteleer. Die afrigter van die Eagles,coach Williams, het voor die wedstryd uitgedruk hoe belangrik hierdie wedstryd is.

Hy het ook gepraat van die paar veranderinge wat hulle moes maak weens omstandighede. Hulle ster speler, Michael Vaaltuin, moes vervang word asgevolg van griep. 

Wat meer indrukwekkend was, was om te sien hoe rugby die gemeenskap saam gebring het.

Die Stryders, wat meer in beheer van hulle emosies was, het gewys dat die derby geen impak op hulle het nie en dat hulle vorberei het net soos vir enige ander wedstryd.

Die afrigter, coach Flos, het voor die groot dag mooi gepraat en gesê dat die beste span op hierdie dag moet wen. Die rustigheid kon in sy stemtoon gehoor word.

Hy het ook melding gemaak dat rugby ‘n massiewe rol in die gemeenskap speel. Hy het verwys na wat oud president Nelson Mandela gesê het en glo dat hierdie twee spanne elke keer vir die gemeenskap die geleentheid bied op bymekaar te kom en die dag te geniet. 

Die wedstryd

Van die afskop was dit duidelik dat beide spanne die oorhand wou hê. Eagles wat sommer dadelik seker gemaak het dat hulle in die 22 van die Stryders kom. Stryders het egter uitstekend verdedig en seker gemaak dat die mannein rooi geen punte aan teken nie.

Dit was toe Stryders wat eerste bloed trek met ‘n goeie aanval. John Cupido is dit die speler wat aan die einde van die beweging goed afgerond het.

Dit het nie lank gevat vir Stryders om weer die doellyn te besoek. Vanuit die staanspoor kon jy hoor hoe sterk die Stryders ondersteuning was. Baie sê dat hulle ‘n tipe vrees in die agterlyn van Eagles opgetel en dwarsdeur die wedstryd was dit oorhaastigheid en hanteerfoute wat die oorhand gehad het oor Eagles se spel.

Hulle ondersteuners het ook nie terug gestaan nie en was vol bloed agter die rooies. Die losskakel van die Eagles het die meeste punte vir hulle aangeteken maar dit was net die agterlyn wat gesukkel het om die deurbraak te maak.

Eagles het ook taamlik besit weggeskop en die bal in die hande geplaas van die Stryders wie se agterkyn met elke poging die skare op hulle voete gehad het.

Francois Michaels, die top drie drukker is in die liga, het geen kans teen die verdediging van Stryders gehad nie. Die stryder kaptein, Ricardo Herdien, wat ook ‘n mooi onderskep het, het die doellyn van die Eagles besoek en het met trots na die wedstryd met Zanwill Pokwas gesels. Hy het mooi gepraat oor hoe hulle net by die plan gebly het en die basiese goedjies reg gedoen het. 

Die Impak

Nog voor die wedstryde afgeskop het, was dit duidelik dat beide spanne se ondersteuners in oorvloed sou opgedaag. Die Stryders se ondersteuners het met lof hulle liedjies op die paveljoen gesing.

Gedurende die week het die derby organisasies en besighede bereik. Daar het mense hulle keuse oor wie die oorwinnaars gaan wees uitgebeeld.

Almal sien hierdie as die grootste kragmeting vir die jaar. Alhoewel Eagles die senior span vir 74 jaar is, het Stryders deurgekom en hulle stempel neergeplak en vir almal bewys dat hulle ‘n span is wat hier is om te bly.

Wat meer indrukwekkend was, was om te sien hoe rugby die gemeenskap saam gebring het.

Vriende en families kon kliphard saam sing vir die span wat hulle ondersteun en die spelers het wedersydse respek vir mekaar getoon. Die kind sing Stryder bo, terwyl die pa of ma sing Eagles bo, maar steeds kon geniet die dag in goeie gees geniet.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment