Dit is iets wat Marius en Janet reeds laasjaar wou gedoen het maar weens tannie Rona se invloed het die geleentheid hom nog nie voorgedoen nie.
Dit is dan met groot blydskap en verligting dat die Karoo Saloon op 27 en 28 Februarie amptelik hul Piet Botha Stage met vertonings deur die Akkedis band, Johnathan Martin en Jake Gunn gaan inhuldig.

Daar is ‘n goeie kans dat talle ander musikante wat bra Piet as een van die mees inspisreerende musikante van ‘n generasie beskou die naweek se verigintinge gaan bywoon.
Hoe dit ookal sy, stel Karoo Saloon bestuurder Wilko Spangenberg voor dat aanhangers van die Hammer wat die naweek saam met die geliefdes in Barrydale wil geniet, hul kampplek vooraf bespreek aangesien daar net ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar is.
Om te bespreek skakel 072 250 9055 of check die Facebook event uit.
Dankie Riku, Jackie, Gideon en Charl vir die fotos en videos. Julle is ook legends. #wasgoedlynforlife