Karoo Art Hotel
Lifestyle Music News

Piet Botha by Karoo Saloon vereer

Written by Mickey Mentz

Rock ‘n Roll leef voort by die Karoo Saloon waar Piet Botha se medepligtigis onlangs die legende se lewe met die inhuldiging van ‘n nuwe stage gevier het.

Dit was ‘n nostalgiese karoofees waartydens Botha se fakkeldraer seuns hulle so goed van hul taak gekweit het dat daar die volgende dag nie ‘n druppel tequila of Jägermeister oor was nie.

Die maan was vol en die extended rock familie wat gewoonlik jaarliks oor nuwe jaar vir ‘n opskop saamtrek, was daar.

Ja selfs daardie tequilawolwe van die Hangklip Hotel het gesorg dat hulle nie die een misloop nie.

Op die Piet Botha stage by Karoo Saloon

Dit was meer beautiful as Beaufort-Wes.

Natuurlik is daar vir die groot makietie gesorg dat al bra Piet se kinders die spesiale naweek bywoon.

Sy dogters Robynne, Jessica en Piya asook sy suster Lien was daar en naturlik is die musiek deur sy (nie-bloedverwante) seuns Rudy en Arthur Dennis, Jonhathan Martin, Jacques Groenewald (Jake Gunn) en AJ Graham gemaak.

Al die musikante het deur die jare etlike duisende kilometers saam met Piet op die langpad spandeer en dit was veral ‘n groot bederf om Martin wat in Pretoria woon, op die verhoog te sien.

Van sy mees bekende liedjies asook ‘n reeks roerende songs uit die 70s, 80s en 90s is deur die manne op die planke gesit.

Die kersie op die koek was die voortreflike kwaliteit van die klank wat deur Charl van Zyl van Nomad Media voorsien is.

Volgens Karoo Saloon eienaars Marius Slabber en Janet Brewer was die oorsprongklike plan om die verhoog in 2020 – ‘n jaar nadat Piet tragies aan kanker oorlede is – te open.

Marius Slabber en Janet Brewer van die Karoo Saloon

Die Covid-19 pandemie het egter die plan in die wiele gery so dit was uiteraard ‘n groot plesier vir die twee vooranstanders van Suid-Afrikanse musiek om uiteindelik ‘n man wat deur die jare ook in hul harte gekruip het, te vereer.

Slabber, ‘n kranige kunstenaar, het ook ‘n skildery van die SA Music Awards Lifetime Achiement Award wenner, geverf wat verdere nostalgie tot gevolg gehad het.

Die Piet Botha verhoog is ingehuldig en dit is nou die verantwoordelikheid van die legende se nasate om te sorg dat daar nog ‘n reeks legendes op hierdie uitstekende musiekplaform in die Klein Karoo optree.

Die verhoog het reeds die onbekende dog wonderlike stem van Barrydale se Candice Erasmus gehoor en ons hoop en vetrou dat nog talle nuwe (en meer bekende) kunstenaars hierdie geleentheid sal geniet.

Karoo Saloon

Met spesiale drank aan Barydale Brasse Herman van Wyk en Graham Abbott vir awesome fotos wat jullle geneem het.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment