Columns • Featured • News

Gayton se Brief

breyten en Gayton
Written by Mickey Mentz

“So wals my, my lief. Laat my in angels believe. Jyt gesê jys die son, in Gayton se brief.”

Tigris x

Die liriek is aangepas uit Jan Blohm se ikoniese ode aan Afrikaans se belangrikste en mees invloedryke digters, Breyten Breytenbach, mag hy in vrede rus.

Soos ons op die drumpel van nog ‘n plaaslike verkiesing staan wonder ek dikwels hoe Breytenbach oor die stand van sake sou voel. Hy was ‘n regte struggle warrior en een wat bewys het dat die pen meer mag het as die swaard.

Die belangrike dag op politieke kalender is batuurlik 4 November. Presies 20 dae later herdenk ons die afsterwe van Breytenbach.

As daar ooit ‘n nasionale vakansiedag moes wees, is dit dalk eerder die 24ste.

Breyten en Gayton en ‘n land waar liefde leegloop

Noem dit ‘n gelukkige, of dalk ongelukkige toeval (serendipity) dat die Minister van Sport, Kuns en Kultuur iets baie belangrik met Breytenbach deel.

McKenzie en die befaamde woordsmid het beide meer as sewe-jaar agter tralies spandeer.

Breytenbach as teenstander vir Apartheid en McKenzie, wel… hy was ‘n deurmekaar 21-jarige wat van sy grootste lewenslesse in die tronk sou leer.

Nog ‘n ooreenkoms?

News62 het sowat 10-jaar gelede die voorreg gehad om Breytenbach by ‘n boekfees in Richmond, Noord-Kaap te ontmoet. Dit was danksy ‘n Doctor Danie Craven groupie, John Donaldson, met die ondersteuning van die digbroers Gert Vlok Nel en Bacchus Nel.

As jy nie enige van die persone ken nie, gebruik google, of AI.

Dit was ‘n besondere dag en wat op ‘n persoonlike vlak meer treffend as sy woorde was, was die storie wat Breytenbah oë vertel het. Plus, hy het per helikopter in die dorp geland.

Terloops, Jan Blohm se regte naam is George Harry. Weens die inspirasie het hy as Jan Blom begin optree aangesien Breytenbach se skuilnaam Blom Breytenbach was.

“Word wakker, word wakker langs die newspaper grappe, vat my vêr weg van jou, en jazz cafè se omo.”

Twee ontmoetings met McKenzie

Vir doeleindes waar die politieke-oriëntering van hierdie publikasie dalk op die spel is, sal ons by die tweede ontmoeting begin. McKenzie het in 2023 in Barrydale besoek afgelê om die PA manne aan te spoor om ‘n baie belangrike tussenverkiesing te probeer wen.

Die man op die lamppaal was Brandon Festus. Festus het intussen sy groen t-hemp vir ‘n blou een verruil.

Tydens ‘n groot byeenkoms op Die Rasper (Barrydale se verwaarloosde rugbyveld) is McKenzie as ‘n volksheld verwelkom. Die plek was amper so vol soos wanneer daar ‘n local derby gespeel word. Hy en sy entourage is op hulle hande gedra. Daar was gees.

Alles was mooi, alles was rustig en die een groot belofte wat McKenzie gemaak het was dat hy ‘n swembad in Smitsville sou bou indien die PA die Wyk verower het.

Gayton het ook iets gedoen wat ek nooit sal vergeet nie. Hy het News62 getart. Die rassekaart uitgepluk en die verslaggewer, die uwe, ‘n spioen genoem. “Die spy is hier”.

Dit is seker verstaanbaar in die lig dat News62 soos ‘n ryp puisie uitgestaan het en die hele blanke gemeenskap daar die verteenwoordig het. Nietemin, dit was ‘n teleurstellende ervaring aangesien my eerste ontmoeting met McKenzie aansienlik beter afgeloop het.

‘n Ontmoeting in die Tronk

Nie te lank nadat McKenzie vrygelaat is nie het hy, Kenny Kunene en Charl Cilliers ‘n boek, For Whites Only” gepubliseer.

As junior verslaggewer by The Citizen was dit my plig om die boek te lees en ‘n resensie daaroor te skryf.

Gayton, Charles en Kenny het met drie slap Porsches by die Vrouegevangenis by Constitution Hill in Braamfontein, Johannesburg, opgedaag. Die gebou dien as ’n lewende museum en nasionale monument wat Suid-Afrika se reis na demokrasie dokumenteer.

As ek nou daaraan terugdink, het die boek beslis ‘n merk in die lewe van ‘n toe jong Afrikaner wat in ‘n klein dorp Suid van Johannesburg groot geword het, gemaak – Heidelberg Gauteng, infamous vir die garage waar Eugene Terblanche die AWB gestig het.

For Whites Only vertel die ander kant van ons land se storie. Die kant wat ongemaklik is vir diegene wat nie ‘n dompas moes dra nie. Die kant wat nie almal noodwendig so lekker verstaan nie.

Dit spreek talle waarhede aan waarvan die vermoë om regtig jou sondes en die sondes van jou voorouers te berou, redelik hoog is.

Gayton, in die brief wil ek vir jou noem dat jou party in Barrydale en Swellendam ‘n paar groot geleenthede deur hul vingers laat glip het. Daar was unity tot op ‘n punt. Maar in dieselfde asem kan ek nie vasstel of dit die DA of ANC is wat julle die meeste vrees nie.

Wat jou mense hier benodig is leierskap wat nie net beloftes voor ‘n verkiesing maak nie. Hulle kort leiers met ruggraat, leiers wat nie korrupsie duld nie en bo alles, mense wat nie soos jy, op daai rugbyveld in 2023, in ‘n wit vel vaskyk en dadelik ‘n gevolgtrekking maak nie.

Ek wil graag weer my lesers herinner, News62 is daar om die politicians op hulle tone te hou. Ons het almal dieselfde geleenthede gegee om voor die verkiesing te gesels maar nie almal kon of wou deelneem nie – so die van wat die meeste oor die artikels kla, het dalk die meeste geraamtes in die kas.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment