Community Featured News

Barrydale gemeenskap gevra om blinde Graad-1 te ondersteun

Written by Mickey Mentz

Tony Vaaltuin van Barrydale was dalk meer opgewonde as meeste van sy maatjies toe die skooljaar uiteindelik begin het.

Die 7-jarige kon weens die Covid-19 pandemie nie sy eerste skooljaar aan die Pionier Skool vir blindes ten volle geniet nie, maar hy het einde Februarie met ‘n huppel in die stap by die Graad-1 klas van 2021 in Worcester aangesluit.

Tony was reeds voor hy vertrek het vreeslik opgewonde oor die braille lesse wat hy nou kry en hoewel dit nie vir ‘n seuntjie maklik is om op so ‘n jong ouderdom vir maande aan een weg van die huis af te wees nie, verstaan hy reeds dat hy op die beste moontlike plek vir sy toekoms is.

Intussen sit die Vaaltuin gesin in Barrydale met ‘n groot kopseer. Hulle het geen idee waar hulle die sowat R30 000 se koshuisgeld vir die jaar in die hande gaan kry nie. Tony se skoolgelde vir 2020 is ook agterstallig en die nuwe jaar se skoolgeld moet ook by die rekening gevoeg word.

Tony se pa Michael is ‘n plaasarbeider en wat reeds meer as 14-jaar hom goed van sy taak kwyt, maar hy weet da thy nie maklik so groot klomp geld in die hande sal kan kry nie.

“Ons is baie bly dat dit goed gaan met Tony daar in Worcester. Ons hoop net ons kan hier ‘n plan maak met die geldsake,” het Michael vertel.

News62 het met die finansieële afdeling van Pionier Skool gesels en bevestig dat hoewel daar ‘n plan met beide die agterstaligge en nuwe jaar se skoolgelde gemaak kan word – meeste ouers kwalifiseer vir tot 100% afslag – kan die skool dit nie bekostig om die koshuis gelde ook te dra nie.

Daar word dus ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om hierdie gesin by te staan.

Persone of instansies wat wil help om Tony se toekoms te verseker kan ‘n direkte betaling aan die skool maak. Hierdie donasies kan natuurlik ook deel van jou jaarlikse belasting opname uitmaak.

Elke bietjie help.

Rekening besonderhede: Pionierskool

Bank: Absa

Tak kode – 632005

Rekening Nommer: 440620272

Verwysingsnommer: VO3

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Karoolus.

Leave a Comment