Community Featured

Hoërskool Barrydale se Leigh skitter met ses onderskeidings

Leigh
Written by Mickey Mentz

Hoërskool Barrydale se top presteerder 

Trots is dalk nie die beste woord om te beskryf hoe Barrydale Hoërskool matrikulant Leigh Hayley Philip voel nadat sy ses onderskeidings losgeslaan het nie. 

Sy is dankbaar en loop behoorlik op wolke want sy het net vyf A’s verwag – die sesde een was ‘n bonus. 

Leigh het ook ‘n huppel in haar stap want kort nadat sy hierdie uitstekende nuus ontvang het, is dit ook aan haar bevestig dat sy toelating gekry het om haar BKOM Graad by die Universiteit van die Wes-Kaap aan te pak.

Advertensie: Click op die foto om jou kaartjie te bespreek

Sy het spesifiek op die algemene BKOM graad besluit aangesien sy nog nie heeltemal seker is watter beroep sy die graagste eendag wil beoefen nie. 

“Ek het seker vir 10 minute in die lug gespring toe ek hierdie goeie nuus ontvang het,” het sy vertel. 

Die vakke waarin sy so goed gevaar het is Afrikaans, Engels (eerste addisionele taal), Wiskunde Geletterdheid, Lewens-oriëntering, Geskiedenis en Besigheidstudies. 

Leigh deel haar geheim

Haar geheim tot sukses was eenvoudig. Leigh het haar skooljaar op die voorvoet begin en besluit om van dag een af 100% (soms meer) te gee. 

“As jy hard werk die hele jaar, sal jy later die vrugte pluk,” was haar antwoord toe sy gevra is wat haar advies vir die klas van 2022 was. 

Leigh verduidelik dat haar niggie en ‘n vriendin wat reeds op universiteit is haar inspireer het om die ekstra ure in te sit. 

“Ek het vir myself gedink; as hulle dit kon regkry, hoekom nie ek ook nie?” 

Sy het ook haar ouers en al haar onderwysers vir die sleutelrolle wat hulle in haar lewe gespeel het, bedank. Leigh verduidelik dat sy nie vandag die opwinding van ‘n universiteits-lewe wat wink sou ervaar het as die nie vir die goeie invloede in haar lewe was nie. 

“Hierdie mense het is ook ‘n groot deel van my inspirasie.” 

Hoërskool Barrydale se matriek-slaagsyfer vir 2021 is 87,8% en die skool spog met 18 Vak A’s. 

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment