Karoo Art Hotel
Featured News

The Butchery lewer nou jou gunsteling vleis af

The Butchery
Written by Mickey Mentz

David Sitney en Conan Grové van The Butchery @Soutkloof sien daarna uit om steeds die beste vleisprodukte en vleisverwerkginsdienste aan die gemeenskap van Barrydale en Smitsville te lewer.

Juanita Le Grange van The Butchery moes nouwel die deure van haar perseel op die dorp sluit, maar dit gaan haar nie verhoed om steeds Barrydale se nommer een verskaffer van vars vleis te wees nie.

Skakel 072 222 9597 vir Barrydale se beste vleisprodukte

Sy lewer drie keer per week die beste wors, maalvleis, patties, pork lemon worsies en natuurlik bees, skaap en varkvleis by jou huis in die dorp af en al wat sy versoek is dat Barrydalers net vroegtydig hul bestellings plaas.

“Dit is hartseer om na bykans 6-jaar weens hierdie moeilike ekonomiese omstandighede die winkel te moes sluit, maar ek is vol moed dat ons steeds die gemeenskap met oorgawe sal dien,” vertel Juanita.

Die slaghuis is na haar plaas te Soutkloof verskuif waar sy steeds dienste soos die opsaag van karkasse en wildsvleis verwerking sal behartig.

*Advertensie

Juanita het genoem dat sy in samewerking met van die boere in die omgewing ook ‘n paar opwindende planne vir die toekoms het, maar sy sal die aap eers nader aan die tyd uit die spreekwoordelike mou laat.

Intussen nooi sy ou en nuwe klante uit om haar op die plaas wat sowat 1.3km buite die dorp gelee is te besoek.

Die aanwysings is eenvoudig. Ry uit Barrydale, rigting Montagu en draai regs by die Soutkloof afrit. Die plaashuis waar van die beste snitte vleis teen uitstekende pryse aangebied word sit op regterhand (sowat 1km in).

Alternatiewelik, skakel vir Juanita op 072 222 9597 om jou bestelling te plaas. 

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment