Karoo Art Hotel
Featured News

Barrydalers onthou Myburgh se 10 goue jare as Burgemeester

Nicholas Myburgh
Written by Mickey Mentz

Hy beskou homsef geensins as ‘n ridder op ‘n wit perd nie, maar dit is so duidelik soos daglig dat Nicholas Myburgh ‘n leidende rol gespeel het om ‘n munisipaliteit wat besig was om op ‘n ramp af te stuur, te red.

Myburgh het op 7 September sy bedanking as uitvoerende Burgemeester van Swellendam Munisipaliteit (SM) ingedien en sodoende die einde van sy tweede termyn aan die stuur van sake bevestig.

Advertensie

Intussen is Francois du Rand tydens ‘n spesiale raadsvergadering wat op Vrydag 10 September plaasgevind as burgemeester ingehuldig.

Verskeie Barrydalers het ten tye wat Myburg sy bedanking bekend gemaak het hom vir sy harde werk bedank.

Ek het die volste vertroue dat hy (Du Rand) en die res van ons kandidate nie net sukses by die stembusse sal behaal nie, maar dat hulle ook sal sorg dat Swellendam as ‘n baken vir vryheid, geregtigheid en geleenthede vir almal opgehef word.

Nicholas Myburgh

Myburgh is na die parlement gesekondeer en Barrydalers is dit eens dat indien hy ‘n soortgelyke impak op nasionale vlak kan maak as wat hy hier in die Swellendam distrik vermag het, kan Suid-Afrikaners met nuwe hoop die toekoms aandurf.

Myburgh ‘n boer in beton

Hierdie boer wat hom skielik in 2011 in beton strukture bevind het, het tydens die tydperk wat hy Swellendam gedien het bewys dat vooruitgang moontlik is wanneer die kern van ‘n munisipaliteit gesond is.

Sy strategie was eenvoudig; die munisipaliteit en elke amptenaar moet binne die voorgeskrewe raamwerk wat daar is, hul take verrig.

Onder Myburgh se leierskap is daar bewys dat koalisieregerings ‘n idealistiese konsep is en dit is juis omdat daar vandag eenvormigheid in die visie van die munisipaliteit is, dat Swellendamers die vrugte pluk.  

“Ek sal die eerste persoon wees om te erken dat daar nog baie is wat ons kan doen om die lewens van ons mense te verbeter, maar binne die raamwerk van die hulpbronne wat tot ons beskikking is, is ek daarvan oortuig dat ons amptenare hul goed van hul taak kwyt,” het Myburg gesê.

Praat is egter goedkoop en soos dit in die politiek die geval is sal sy kritici gou ook die tekortkominge van die munisipaliteit uitwys.

Dit is egter belangrik om in ag te neem dat Myburgh die formulering en implementering van ‘n finansiële herstelplan in werking gestel het. Hy het tydens sy termyn die hele senior bestuur van die munisipaliteit vervang en sodoende gesorg dat dienslewering soveel verbeter dat die vooruitgang op nasionale vlak erkenning ontvang het.

SM het nagevolge oor die afgelope vier jaar meer op infrastruktuur ontwikkeling spandeer as in sy geskiedenis.

Ander hoogtepunte van sy ampstermyn sluit die 2014 ommekeer in, wat gesorg het dat SM die ouditeurgeneraal se spesiale toekenning vir die mees verbeterde munisipaliteit in die Wes-Kaap ontvang het – dit nadat SM ‘n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang het na drie agtereenvolgende vrywarings.

Barrydale Agrimark
Advertensie

In 2015 het SM die Provinsiale en Nasionale Govan Mbeki Behuisingstoekenning gewen vir die beste opgradering van informele nedersettings in Suid-Afrika en in 2016 is Swellendam aangewys as die nommer een munisipaliteit deur Good Governance Africa en die SAIRR.

Dit is dus duidelik dat die grondslag vir volhoubare ontwikkeling en puik dienslewering deur Myburgh gelê is.

Deel van sy beplanning het sonder twyfel ook die voorbereiding van ‘n opvolger ingesluit en daarom het Myburg nie geskroom om sy vetroue in die Demokratiese Alliansie se voorgestelde kandidaat vir die opkomende munisipale verkiesing, Francois du Rand, bekend te maak nie.

“Ek het die volste vertroue dat hy (Du Rand) en die res van ons kandidate nie net sukses by die stembusse sal behaal nie, maar dat hulle ook sal sorg dat Swellendam as ‘n baken vir vryheid, geregtigheid en geleenthede vir almal opgehef word.”

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment