Karoo Art Hotel
Community Featured News

11-Jarige meisie, ouma sterf in brand

Barrydale Brand
Written by Mickey Mentz

Hulp word benodig om begrafnis onkostes te dek

Barrydale harte bloei nadat 11-jarige Justine Pietersen op 25 Junie in ‘n brand gesterf het en daar is op 29 Junie bevestig dat haar ouma, Anna, ook uiteindelik aan haar brandwonde beswyk het.

Die tragedie het omstreeks 7:30 daardie Saterdagaand in Bron Straat, Smitsville, plaasgevind. 

Dit was tydens beurtkrag en volgens Areco Pietersen het die vuur moontlik ontstaan omdat ‘n kers in die hok waar hy, Justine en ouma Anna geslaap het, omgeval het.
Anna is nie onmiddelik oorlede nie. Sy het eers later in Swellendam Hospitaal gesterf.

Barrydale Fire

Areco, ‘n familielid van Justine, het ook ernstige brandwonde op sy hand en gesig opgedoen, maar kon sy weergawe van dit wat op sy verjaardag gebeur het weergee.

“Dit was loadshedding en ons het vroeg gaan slaap. My vriend het my wakker gemaak en toe my sommer uit gesleep en dit is toe ek sien my ma (Anna) is nog daar,” vertel Areco.

“So tussen die vlamme deur het ek ma van die kooi afgeruk en toe wil ek gaan om die klongetjie te red maar toe brand ek ook. Daar was rook orals.”

“Ek sou ook uitgebrand het as ek weer terug gegaan het.”

Die inwoners van die hoofhuis het die grusame besonderhede van dit wat met die leerder van Laerskool BF Oosthuizen gebeur het, gedeel. Dit was vsan so ‘n aard dat dit meer as ‘n leeftyd sal neem om dit te vergeet.

Intussen, amper ‘n week na die gebeure, het Barrydale SAPS nog nie ‘n amptelike verklaring uitgereik nie.

Barrydalers het egter oudergewoonte spoedig opgetree en die Pietersen gesin gehelp om van die basiese benodighede wat hulle in die vuur verloor het, te verkry.

Kos en klere is deur Francois en Elizabeth Beer ingesamel en aan die familie oorhandig.

Justine sal veral deur haar ouers Caroline en Petrus, haar klein boetie en haar sussie gemis word.

Persone wat ‘n bydrae tot die begrafnis wil maak kan vir Francois (076 844 6616) of Marinda Dolf (076 027 4150) skakel.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment