Community Lifestyle News

Kunstenaar Verewig Opkoms én Ondergang van Suid-Afrika se Tabakbedryf

Written by Mickey Mentz

Barrydale kunstenaar Antony Chidrawi het weer sy kuns gebruik om die geskiedenis van Suid-Afrika vas te vang en die keer het hy die ondergang van die tabakbedryf uitgebeeld.

Met twee kunswerke wat deur die jare geskep is, het hy beide die hoogbloei van die tabakbedryf en die uitdagings wat die sektor vandag in die gesig staar, uitgebeeld.

Tydens die COVID-19-pandemie het die regering onder leiding van die destydse Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, ’n verbod op die verkoop van tabakprodukte ingestel.

Die besluit het tot wydverspreide debat gelei nadat die onwettige sigarethandel skerp toegeneem het en rokers gedwing is om buitensporige pryse vir sigarette op die swartmark te betaal.

Die situasie het Chidrawi destyds geïnspireer om ’n portret van Dlamini-Zuma uit leë sigaretpakkies te skep. Die kunswerk, wat uit honderde individuele stukke saamgestel is, is uiteindelik vir sowat R10 000 verkoop.

Nou, enkele maande nadat British American Tobacco aangekondig het dat een van sy grootste vervaardigingsaanlegte in Heidelberg, Gauteng, sy deure gaan sluit, het Chidrawi weer na dieselfde tema teruggekeer.

“Ons het tot R200 ‘n pakkie destyds betaal en mense het my eerste kunswerk so geniet dat ek besluit het om ‘n tweede een te skep toe ons verneem het dat Dlamini-Zuma se besluite uiteindelik tot die afsterwe van die industrie gelei het,” verduidelik Chidrawi.

Sy jongste werk bestaan uit meer as 100 leë sigaretboksies en beeld opnuut Dlamini-Zuma uit. Volgens die kunstenaar is sommige van die boksies tydens die pandemie versamel, terwyl die res afkomstig is van rokers wat vandag steeds sigarette koop wat vermoedelik deel van die onwettige mark is.

Die kunswerk dien as ’n kommentaar op die verreikende gevolge wat die tabakverbod volgens baie rolspelers in die bedryf gehad het.

Kritici van die verbod voer aan dat dit die onwettige sigaretmark ongekende momentum gegee het. Hoewel die verbod tydelik was, meen baie kenners dat dit verbruikersgewoontes verander en die onwettige handel versterk het op ’n wyse waarvan die wettige bedryf nooit ten volle herstel het nie.

Volgens ramings word die meerderheid sigarette wat tans in Suid-Afrika verkoop word, nie deur die wettige belastingstelsel verhandel nie. Dit het volgens bedryfsrolspelers miljarde rande se belastinginkomste vir die staat gekos en toenemende druk op wettige vervaardigers geplaas.

Die sluiting van die Heidelberg fabriek word deur sommige waarnemers beskou as een van die sigbaarste tekens van die druk waaronder die wettige tabakbedryf tans verkeer.

Vir Chidrawi gaan die kunswerk egter oor meer as net sigarette.

“Geskiedenis moet onthou word, of dit nou goed of sleg is,” sê hy.

Die kunswerk hang tans in die biblioteek van die Karoo Art Hotel, waar dit besoekers herinner aan ’n tydperk wat nie net die tabakbedryf nie, maar ook die breër Suid-Afrikaanse ekonomie diep geraak het.

Vir baie is dit bloot ’n kunswerk. Vir ander is dit ’n visuele herinnering aan een van die mees omstrede beleidsbesluite van die pandemie era.

Lees gerus die eerste artikel wat 6-jaar gelede gepubliseer is.

English Translation:

Barrydale artist Antony Chidrawi has once again used his art to capture a chapter of South African history, this time portraying the decline of the country’s tobacco industry.

Through two artworks created several years apart, Chidrawi has documented both the industry’s golden years and the challenges it faces today.

During the COVID-19 pandemic, the South African government, under the leadership of then Minister of Cooperative Governance and Traditional Affairs, Nkosazana Dlamini-Zuma, introduced a ban on the sale of tobacco products.

The decision sparked widespread debate as the illicit cigarette trade expanded rapidly and smokers were forced to pay exorbitant prices for cigarettes on the black market.

The situation inspired Chidrawi to create a portrait of Dlamini-Zuma using empty cigarette boxes. Comprising hundreds of individual pieces, the artwork was eventually sold for around R10,000.

Now, just months after British American Tobacco announced the closure of one of its largest manufacturing plants in Heidelberg, Gauteng, Chidrawi has returned to the same theme.

“At the time we were paying up to R200 a packet for cigarettes, and people loved my first artwork so much that I decided to create a second piece when we learned that Dlamini-Zuma’s decisions had ultimately contributed to the decline of the industry,” Chidrawi explained.

His latest artwork is made from more than 100 empty cigarette boxes and once again depicts Dlamini-Zuma. According to the artist, some of the boxes were collected during the pandemic, while the remainder came from smokers who continue to buy cigarettes that are believed to form part of today’s illicit market.

The artwork serves as a commentary on the far-reaching consequences that many stakeholders believe the tobacco ban had on the industry.

Critics of the ban argue that it gave unprecedented momentum to the illicit cigarette trade. Although the ban was temporary, many analysts believe it permanently altered consumer behaviour and strengthened the illegal market to such an extent that the legitimate tobacco industry has never fully recovered.

Industry estimates suggest that the majority of cigarettes currently sold in South Africa fall outside the legal tax system. According to industry stakeholders, this has cost the state billions of rand in lost tax revenue while placing increasing pressure on legitimate manufacturers.

The closure of the Heidelberg factory is regarded by some observers as one of the clearest signs of the pressure currently facing South Africa’s legal tobacco industry.

For Chidrawi, however, the artwork is about far more than cigarettes.

“History should be remembered, whether it is good or bad,” he said.

The artwork is currently on display in the library of the Karoo Art Hotel, where it reminds visitors of a period that left a lasting mark not only on the tobacco industry, but also on the broader South African economy.

For some, it is simply a work of art. For others, it is a powerful visual reminder of one of the most controversial policy decisions of the pandemic era.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment