Barrydale Hand Weavers het met ‘n uitstekende plan voorendag gekom om fondse vir jong kankerleier Trinity Schäffler, oftewel Pinky, in te samel.
Van an 1 Julie kan kliente ‘n spesiale afdrooglappie met ‘n pienk streep wat saam met ‘n ‘n opwaslappie teen R300 verkoop word, aanskaf.

Die 10-jarige Pinky moet elke maand die lang pad Kaapstad toe aandurf waar sy behandeling ontvang en die astronomiese brandstofprys plaas geweldige druk op haar gesin.
Haar ouers sukkel ook met vervoer – die gesin het nie tans hul eie voertuig nie – en daarom moet hulle dikwels op gunsies vanuit die gemeenskap staatmaak om te sorg dat Pinky die by haar bestemming uitkom.
‘n Hupstoot wat die dek van brandstof kostes aanbetref, sal dus ‘n reuse verskil maak.
“Ek het Pinky se storie gelees en gewonder hoe ons kan help,” verduidelik hand weavers produksie toesihouer Hetta Windvogel.

“Ek is self ‘n ma en ek kan my net indink hoe moeilik hierdie vir die gesin moet wees.”
Hetta het haar idee aan Barrydale Hand Weavers bestuurder Denise Bierman voorgelê en sy het op haar beurt dit eienaars Arran en Kate Bastable van hierdie idee verwittig.
Hulle het sonder om tweekeer te dink sy goedkeuring vir die projek gegee.
Volgens Bierman sal 15% (R45) van die verkope vir die gesin se petrol rekening by Route62 Stop geskenk word.
“Ons wil ten minste 100 van hierdie unieke pienk lappies wat saam met die waslappies vervaardig word probeer verkoop,” aldus Bierman.
Sy meen dat dit maar ‘n druppel in die gesin se emmer is, maar dat elke bietjie hulp wat die gemeenskap kan verleen, uiteindelik ‘n verskil sal maak.
Vir meer inligting oor die lappies skakel Barrydale Hand Weavers by 028 572 1012.