Joubert-Tradauw
Community Lifestyle

Hospice bedank Karoo Art Hotel, Barrydalers vir skoffel-skenking

Karoo Art Hotel
Written by Mickey Mentz

Gemeenskap maak harte en beursies oop vir doel

In Barrydale moet jy net noem dat daar moontlik gedans kan word en daar bars ‘n post-covid kuier soos min uit.

Almal weet al teen die tyd dat Stefaans die koning van skoffel is en dat die plaaslike musikante net ‘n verskoning soek om ‘n geraas te maak.

So het die beroemde hotel, wat die hartklop van die Klein Karoo dorp is, in Junie die deure van sy Belanti Saal, nadat die opknapwerk voltooi was, weer oopgemaak.

Die hele dorp was daar en danksy ‘n uitstekende idee van die Karoo Art Hotel se bestuur is ‘n gedeelte van die toegangsfooi na hul Verbodspartyjie, oftewel Prohibition Party, aan Barrydale Hospice geskenk.

Dit was ‘n Roaring 20s party en die gees was goed.

News62 kan intussen bevestig dat daar nou ook ondergrondse Bingo en Poker sindikate in die dorp bestaan, hulle dryf ook glo handel in teeblare.

Hospice sê dankie

“Die gemeenskap het tydens die partytjie ruimhartig hul kaartjiegeld aan Barrydale Hospice geskenk wat ons in staat stel om ons gemeenskapswerk te bevorder,” aldus die Hospice Facebook Blad.

“Baie dankie aan die Karro Art Hotel vir jou bystand en hierdie fondsinsameling. Besondere dank ook aan Greg Viljoen wat die (sien onder) pragtige video vir ons vervaardig het.”

Volg hierdie skakel en ondersteun Barrydale Hospice vandag

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment