Barrydale Agrimark
Community News

Hospice versorgers slaag kurses met lof

Barrydale Hospice
Written by Mickey Mentz

Barrydale Hospice dames is gereed om hul nuwe vaardighede toe te pas

Die funksie wat hierdie groep dames van Barrydale Hospice in die gemeenskap verrig is van ongeskatte waarde en dit was daarom ‘n riem onder die hart dat hulle daarin geslaag het om die praktiese ervaring wat hulle deur die jare opgedoen het, ook met teorie aan te vul.

Barrydale Hospice het met trots aangekondig dat al die vroue wat deel van Dr Elsa Giliomee se vyf-week Tuis Sorg verfrisser kursus was, met lof geslaag het.

Om te dink, die vroue het nie studie verlof vir die kurses geneem nie en het steeds die dorp en sy mense bly dien terwyl hulle die nuutste tegnieke bestudeer het.

Sukses! Barrydale Hospice se Maria Swartz, Elzette Swarts, Dr Elsa Gillliomee (leeraar), Izelle September en Bettie September het hul opleidingskursus met lof voltooi en sien daarna uit om die gemeenskap met oorgawe te dien. Fotos: Nataniel Pokwas

Harde werk met ‘n goeie kuier beloon

Dit was daarom ‘n uitstekende gebaar van Barrydale Hospice bestuur om hierdie dames met ‘n spog grade plegtigheid by die Barrydale Recreation Club te bederf.

Hul gades, asook die uitvoerende komitee van BH het hierdie geleentheid bygewoon.

“Ons wil graag die Rec Club bedank dat ons hierdie uitstekende prestasie van die dames by hul geriewe kon vier. Dit bewys net weer dat Barrydale ‘n gemeenskap is wat omgee,” aldus Anton van Vliet, algemene besuurder van Barrydale Hospice.

“Hierdie prestasies wat die dames bereik het is voorwaar iets besonders, ons is trots op julle!”

Barrydale Hospice dien reeds die gemeenskap sedert 2015 en dit die waarde van hul paliatiewe sorg (die sorg vir mense wat reedsop hul sterfbed is) kan nie onderskat word nie.

Hulle het al gesorg dat tientalle inwoners van die gemeenskap die laaste oomblikke van hul lewens op ‘n menswardige wyse, met respek, kan afsluit.

Lees Ook:

Barrydale Agrimark

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment