Community Featured News

Helpende Handjies benodig hulp vir winterprojek

Helpende handjies
Written by Mickey Mentz

Sowat 700 kinders word hier daagliks gevoer

MONTAGU – Op 1 Mei, wanneer die Helpende Handjies Winter Projek afskop, word sowat 700 kinders daagliks gevoer.

Dit beteken dat Wilma Christoffels tot einde Augustus niks anders as die pap wat soggens voorberei word, kan roer nie.

Sy vertel dat daar reg deur die jaar ‘n behoefte vir kos is, maar dat die koue maande veral moeilik is.

Wilma probeer ook om van die basiese huishoudelike items vir die kinders van Montagu in te samel.

Toiletware, waarvan toiletpapier die grootste behoefte is, skryfbehoeftes en stoele sal daar seker nooit genoeg van kan wees nie.

Wilma is trots daarop dat sy geensins van die staat afhanklik is nie. Sy glo wel in wonderwerke.

Sy het nou al meer as ‘n paar keer in haar lewe besef dat daar net eenvoudig nie genoeg kos is om die honderde honger kinders wat by haar aanklop te voer nie, maar tog was daar altyd genoeg.

“Geloof is maar die grootste rede waarom ons regkry wat ons regkry hier, ons bid oor alles. En dis hoe die Here mense instuur wat hulle harte oopmaak.”

Haar gebede het ook geen grense nie. Terwyl verskeie Montagu besighede in inwoners Helpende Handjies bystaan, ontvang hulle ook donasies uit Ashton, Worcester, Paarl, Kaapstad, Bloemfontein en Pretoria.

Dan is daar mense in Engeland, Noorweë en selfs Australië wat dikwels tot hul redding kom, vertel Wilma.

Waar het dit alles begin?

As sy nou terugkyk na die begin van hierdie gemeenskapsdiens wonder sy soms waarom dit oor haar pad gekom het. Sy het Helpende Handjies in Desember 2015 gestig en omdat sy op ‘n plaas buite Barrydale groot geword het, wou sy baie graag die omstandighede waarin talle vroue hulself vind verander.

Toe, eendag toe haar dogter na skool by die huis kom, het die plan skielik plan verander.

“Sy het na skool by die huis gekom en vir my gesê, daar is ‘n dogter in my klas en hulle kry baie swaar. Die pa is vyf maande gelde dood en die ma is ‘n alkoholis.”

Haar dogter vra toe of sy kan help en waar sy normaalweg met die taxi huistoe gery het, het sy eerder saam met drie behoeftige kinders terug gestap.

“Ek het vir daardie kinders in geloof gesê, van more af kom julle na tannie Wilma toe en ek sal sorg dat julle elke dag kos kan kry.”

En so het Helpende Handjies begin om die kinders in die omgewing te voer.

Die behoefte in die gemeenskap was egter aansienlik groter as wat sy besef het en vandag klop sowat 67 kinders sowat sewe dae ‘n week aan Wilma se deur – op Sondae verkies sy om in die kerk te wees so dan is daar minder tyd vir kosmaak.

Persone of instansies wat graag ‘n bydrae tot hierdie organisasie will lewer kan Wilma direk op haar WhatsApp nommer by 076 116 9088 skakel.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment