Featured Food News

Watertand vegan opsies wag by Diesel & Crème

Diesel 'n Creme
Written by Mickey Mentz

Glutenvry melkskommels ook nou beskikbaar

Net omdat die kinders daarop aandring om een van die beroemde melkskommels en hamburgers wat by Diesel & Crème bedien word te bestel, beteken nie dat ouers noodwendig ‘n ekstra rolletjie vet by hierdie gewilde stop op Roete 62 hoef aan te doen nie.

Inteendeel, daar is juis voorsiening gemaak vir heerlike, gesonde padkos wat onder meer slaaie en gesondheidsdrankies insluit.

Dan is daar vegan opsies en ander ligte etes soos byvoorbeeld die die vegan wrap wat is gevul met soveel geure dat selfs karnivore dit met ‘n glimlag sal verslind.

*advertensie

Die bestandele sluit in, hummus, chilli vlokkies, papaya, pynappel en rooi-ui-salsa met suiwel vrye kaas bedien op geroosterde wrap kwarte. Dit is behoorlik ‘n mondvol en ook ‘n uitstekende opsie op ‘n warm dag in die Karoo son.

Die ontbytsmoothie is reeds ‘n geruime tyd een van die wenners op die spykaart piesang, mango, klappermelk word met ‘n kakao crunch afgerond vir ‘n gesondheidsontploffing wat jou beslis vuma vir die dag sal gee.

Soos die geval met die wrap is, is die smoothie ook glutenvry.

As daar dan geen ander opsie is as om saam met die jongspan ‘n melkskommel te geniet nie, bestel dan die mango en grenadella of donker sjokolade opsies wat, jy het reg geraai, ook vegan en glutenvry is.

Vir meer inligting of om die spyskaart onder oë te kry besoek www.dieselandcreme.co.za

Gesondheid!

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment