John Lee Bron en Jakobus Simon Skondo is op 15 Maart in Swellendam Hooggeregshof skuldig bevind aan die moord van Erna Gericke.
Die geliefde inwoner is op 22 Maart 2021 op ‘n staproete buite Barrydale vermoor.
Bron is ook aan vyf klagte van huisbraak, diefstal van ‘n motorvoertuig, asook die besit van ‘n onwettige vuurwapen, skuldig bevind.
Skondo is aan die klagte van moord, diefstal van motorvoertuig en verkgragting skuldig bevind.
Bron en Skondo sal na verwagting 24 Maart gevonnis word.