Polisie woordvoerder Malcolm Pojie het vanoggend dit bekend gemaak dat Barrydale inwoner Erna Gericke wel vermoor is.
‘n Nadoodse ondersoek het bevestig dat Gericke (66) op 22 Maart geskiet is.
Daar is aanvanklik gedink dat sy op die Barrydale staproete geval het.
Barrydale Polisie se speurders het reeds die .303 waarmee sy geskiet is gevind. Daar word vermoed dat hierdie vuurwapen onlangs op ‘n plaas in die gebied gesteel is.
Erna het Sondag gaan stap en toe sy nie na haar gesin terug gekeer het nie is ‘n soektog deur die gemeenskap van stapel gestuur. Die soektog het tot die vroeë oggendure geduur en sy is deur haar jongste dogter en haar vriend gevind.
Twee verdagtes wat na bewering haar voertuig gesteel het, is deur die polisie in hegtenis geneem.
Hulle het gister (24 Maart) in die Swellendam Landdros Hof op klagte van voertuig diefstal verskyn. Hulle sou vandag op klagte van moord in dieselfde hof verskyn.




