Daar is nog net ‘n paar dae oor voor die verkope van die ‘Early Bird’ kaartjies na die Karen Zoid vertoning wat op 20 Maart by Joubert-Tradauw Wingerde en Kelder plaasvind, sluit.
Bespeek jou kaartjie HIER
Volgens organiseerder, Beate Joubert, het talle musiekliefhebbers reeds van die geleentheid gebruik gemaak om kaartjies wat andersins R580 kos, teen R480 per persoon aan te skaf.
Let wel, daar is ‘n koninklike oestafelete en wyn by hierdie kaartjies ingesluit en daarom is daar net ‘n berparkte aantal kaartjies beskikbaar.
Klik HIER om Kaartjies na die vertoning en ‘n heerlike naweek in Barrydale (verblyf en brandstof ingesluit) te wen
“Ons het besluit om mense tot einde Februarie die geleentheid te bied om van die ‘Early Bird’ besparing gebruik te maak, maar daar is ook goeie nuus vir diegene wat nie noodwendig aan ons tafel wil kuier nie,” verduidelik Beate.
“Vir Zoid aanhangers wat daarin belangstel om slegs die vertoning te geniet, het ons R350 kaartjies beskikbaar gestel.”
Beate het vertel dat kinders onder 18 gratis toegang geniet en dat daar ook reuse besparings is vir diegene wat in groepe van vier of meer bespreek.
So pak jou kampstoel en kussing en kom geniet ‘n heerlike Sondag middag (Maandag is ‘n vakansiedag) in die Tradouw Valley saam met een van Suid-Afrika se mees geliefde sangers.



