Featured News Sport

Stormers kom binnekort Barrydale toe vir oefenkamp

John DObson
Written by Mickey Mentz

Stormers afrigter John Dobson het tydens sy onlangse besoek aan Barrydale weer belowe hy sy hele span na die dorp sal bring vir ‘n oefenkamp.

Dobson is op 2 Julie soos ‘n held by Barrydale rugbyklub verwelkom en vir ‘n kort oomblik in tyd was daar nie iets soos Stryders of Eagles (Barrydale se twee plaaslike spanne) nie. Daar was net ‘n groep rugby liefhebbers wat aan die lippe van hierdie inspireerende breier gehang het.

“Ek het belowe dat ek en die span ‘n oefenkamp hier sal kom doen, maar ongelukkig het Covid ons planne in die wiele gery.”

Biking

“Ek is ‘n man van my woord en sodra ons ‘n geleentheid kry, sal ek die span bring.”het Dobson voor ‘n stampvol Smitsville paviljoen gesê.

Hart en siel meer belangrik as geld en kennis

Dobson het staaltjies van sy span se geskiedkundige oorwinning in die VRK-beker finaal teen die Bulls gedeel en het ook sy ondersteuners die geleentheid gegee om hom met ‘n paar vrae te peper.

Op die dag van die groot finaal (wie niemand gedink het die Stormers ooit in hul wildste drome sou haal nie) het die stut Frans Malherbe ‘n video aan die span gewys wat alles verander het.

“Die video was van ‘n groep plaaswerkers van De Doorns wat agter op ‘n oop bakkie oppad na die wedstryd was. Hulle het in die reen gery en net swartsakke gehad om hulle te beskerm. Saam met hierdie swartsakke het ‘n ‘n carboard bokse gehad wat gelees het ‘Go Stormers’. Dis al. Niks fancy nie.”

“Ons het hierdie video voor die wedstryd gespeel en dit was die spanpraatjie. Ek het nie nodig gehad om meer te sê nie. Die manne het geweet, dit is waarvoor ons speel.”

Dobson het verduidelik dat die gees wat in sy span geheers het, baie meer belangrik was as die feit dat hulle nie naastenby so baie geld gehad het as die ander spanne in die reeks nie.

Daar was tye wat hy gewonder het of hulle ooit salarisse aan die einde van die maand sou ontvang en toe hulle op toer oorsee was, was hulle genoodsaak om van MacDonald’s burgers te oorleef.

John Dobson

Sy manne het egter een groot oorhoofse plan gehad en dit was om te sorg dat Kaapstad weer kan glimlag oor rugby.

En met meer as 200 000 versoeke vir kaartjies na die finaal, is dit duidelik dat hulle reeds voor die eindfluitjie geblaas het, hierdie doelwit bereik het.

Op 2 Julie het Smitsville gegelimlag en die aand vantevore was rugbykenners van die Dung Beetle en die Bistro Blues ook hul noppies toe hy hulle besoek het.

John Dobson het dit sy plig gemaak om by al sy ondersteuners wat aan sy sy gestaan het toe die span deur donker dae gegaan het, uit te kom.

Hy het beslis gesorg dat die hele Wes-Kaap glimlag en terselfde tyd het hy bewys dat indien jou hart op die regte plek is, goeie dinge vir jou bestem is.

Tahlia Farm
Not for sale to persons Under-18
Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment