Tahlia Farm het op 2 Julie hul nuwe reeks alkohol-vrye gin tydens ‘n glansgeleentheid by Cabrières in Montagu bekend gestel.
Gin, so sonder die skop, se gewildheid het oor die afgelope paar jaar verdriedubbel in ‘n mark waar gesondheid net so belangrik soos genot geraak het.

Dit beteken ook dat die beroemde babelas nie meer ter sprake is nie – wat dan nog die risiko’s wat met dronk bestuur tepaart gaan?
Tahlia Farm se nuwe reeks is deur eienaars Alicia en Andries Burger ontwikkel en, in samewerking met Barker and Quin Tonic Water, is dit werklik moeilik om die drankies van die ware Jakob te onderskei.
Tahlia Gin (die een met skop) het onlangs tydens die Michaelangelo Awards goud verwerf en dit is juis omdat hulle sukses op die vlak behaal het, dat daar besluit is om na ander metodes te ondersoek waat hulle die kaktusplant ten volle kan benut.

Die Tahlia Farm non-alkoholiese Gin is in drie geure (Pupa, Morphous en Papillon) beskikbaar.
