News

Barrydale behoort in sy geheel by Zoid konsert te baat

Zoid
Written by Mickey Mentz

Beate Joubert van Joubert-Tradauw het dit weer haar taak gemaak om te sorg dat een van ons land se mees geliefde kunstenaars in Barrydale optree


Van die Radio Kalahari Orkes tot Ard Matthews en selfs die ietwat omstrede Jack Parow het al by die prentjiemooi Joubert-Tradauw Wynkelder buite Barrydale opgetree en op 20 Maart sal Karen Zoid vir die tweede keer haar buiging hier maak.

Click HIER om jou kaartjie te bespreek!

Daar word verwag dat Zoid se optrede ten minste 100 besoekers na die dorp sal lok en dus behoort elke gastehuis en restaurant oor daardie naweek te wemel van toeriste – amper nes die dae voor die pandemie.

*Advertensie

“Die rede waarom ek besluit het om Karen weer vir ‘n vertoning te nader is juis om dit duidelik te maak dat Barrydale steeds ‘n besondere bestemming is en dat ons nie terugstaan wanneer dit by die aanbieding van eersteklas vertonings kom nie,” het Beate Joubert van Joubert-Tradauw verduidelik.

Beate het van uit die staanspoor verskeie rolspelers in die dorp genader om toe te sien dat almal by die verwagte instroom van toeriste baat.

Die Karoo Art Hotel en die Karoo Saloon – beide populêre bestemmings vir kunstenaars in hul eie reg – het nie gehuiwer om Joubert-Tradauw ter voorbereiding van hierdie opwindende dag te ondersteun nie en so het ‘n merkwaardige bemarkingsveldtog afgeskop.

Volgens die Karoo Art Hotel se bestuurder, Zak Jansen, is samewerking tussen die verskeie instansies in die dorp van kardinale belang vir die algehele gesondheid van die dorp se ekonomie.

“Ons het op oujaarsaand in samewerking met ons bure, Die Bistro Blues en Schalk van Over Karoo Inn, ‘n straat opskop aangebied wat  ‘n reuse sukses was en dit het beslis as bewys gedien dan ons as ‘n gemeenskap soveel meer kan vermag as ons hande vat,” aldus Jansen.

Op sy beurt het Karoo Saloon bestuurder Wilko Spangenberg ingestem om van die meer tegniese aspekte van die Karen Zoid konsert, soos die opstel van aanlynkaartjie verkope, te behartig.

Kyk uit vir opwindende pryse

Daarmee saam het Mud Gallery en Birdsong Barrydale (gastehuis) onmiddelik ingestem om pryse wat deel van die bemarkingsveldtog uit gaan maak, te borg.

Beate het reeds hierdie ondernemings vir die liefde wat hulle vir die dorp betoon het bedank en sy sien daarna uit om met nog soveel moontlik van die ander instansies wat deel van Barrydale se hartklop is saam te werk.

Vir meer besonderhede oor die konsert en heerlike piekniek wat beplan word, of om jou kaartjie te bespreek, Whatsapp vir Beate by 082 304 9000.

Om aanlyn te bespreek click HIER

Lees ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment