Karoo Art Hotel
News Sport

Panic Room Vegters skitter in Hermanus

Conroy
Written by Mickey Mentz

Barrydale Panic Room se skopboksers het hul uitstekend van hul taak gekwyt tydens die Overberg Distrik Skopbokskampioenskappe wat die Scout Hall in Hermanus plaasgevind het.

Ses van Panic Room se vegters het met vegters van Team Legacy meegeding.


“Ten spyte van die beperkte tyd wat ons in voorbereiding gehad het, het ons goed gevaar,” verduidelik Conroy Williams

Die twee kategorieë waarin ons ysters deelgeneem het was skopboks aaneenlopend (Kickboxing Continuous) en skopboks punte (Kickboxing Points).

Karen ZOid


“Zayno het silwer en brons verwerf, Juwandre  het twee silwer, Jade Solomons het brons en silwer, Ryno goud en silwer, Jaylin silwer en brons, Graywin Brits goud en brons.

Afrigter Conroy Williams was in sy noppies oor die feit dat sy manne wat nog nie buite die dorp geveg het nie, hul so goed van hul taak gekwyt het.

Ryno is ‘n ook ‘n ‘first-time’ fighter en hy het goud behaal. Conroy was veral trots op die gees waarmee die vegters hierdie uitstappie aangepak het.

“Die manne oefen heel jaar en hierdie is ‘n geleentheid om daardie harde werk ten toon te stel.”

Die volgende stap is om te kyk watter vegters op provinsiale vlak deel kan neem. Die Wes-Kaap skopboks kampioenskappe vind dan plaas waartydens die span wat aan die Nasionale Skopboks-Kampioenskappe wat vanjaar in Mosselbaai plaasvind gekies word.

Volgens Conroy is Graywin beslis n vegter om dop te hou. Die seun is ‘n kranige sportsman wat in rugby en atletiek uitblink.

“Dit is duidelik dat hy uit ‘n sterk sport familie kom en soos coach Theo tydens laasjaar se Fight Night uitgewys het, dink hy op sy voete en luister hy ook goed na instruksies.”

Vir meer inligting oor Barrydale Panic Room of om betrokke te raak, skakel Conroy by 073 160 1338.

Diesel
Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment