Community News Sport

Eagles trap klei, Stryders bly bobaas

Written by Mickey Mentz

“Failure is a part of the process. You just learn to pick yourself back up.” ― Michelle Obama

Marlin Phillips het in die doodsnikke ‘n strafskop oorgeklits en so gesorg dat die Barrydale Stryders op 5 April ‘n 27-24 oorwinning teen die Buffaloes van Buffeljags op Die Rasper behaal het.

Die Styders moet net keer of dit gaan beter. Die span speel uitstekende rugby en dit duidelik dat ‘n wenkultuur gevestig is.

Eagles, dis tyd om boeke te vat!

Die 24-54 nederlaag teen Bonnievale United Saterdag is die vyfde agtereenvolgende vernedering wat die span se trotse ondersteuners moes verduur. So kan dit nie aangaan nie.

Barrydale Flying Eagles RFC is in 1950 gestig en is dus ‘n span wat reeds vir generasies as ‘n baken van hoop, passie en liefde vir rugby dien. Groot name het al die Rooi verteenwoordig en die span het deur die jare diep spore in die gemeenskap getrap.

So gebeur dit ook dat ‘n klub in sy geheel van tyd-tot-tyd ‘n bietjie introspeksie moet doen om te bepaal wat die kern van die probleem is.

Het die tyd aangebreek om ‘n paar drastiese veranderings aan te bring? Is daar ‘n tekort aan kundigheid onder die bestuur en/of afrigters? Daag die spelers gereeld genoeg by die oefensessies op? Of is hierdie net ‘n fase?

As mens van die vyf wedstryde onder die vergrootglas plaas was daar beslis tye wat die skeidsregter ‘n invloed in die spel gehad het. Die vraag is in die geval bly steeds; hoeveel van die geleenthede het die span in hierdie wedstryde gehad oorhand te neem, sonder om dit te benut.

Langs die kantlyn is daar sprake dat die bestuur te veel in spankeuses inmeng. Van die ondersteuners meen ook dat die tyd dalk aangebreek het dat ‘n jonger generasie by van die ouer strydosse oorneem.

Op papier het die Eagles steeds ‘n puik span. Daar is beslis nie ‘n tekort aan manne wat op enige gegewe dag die rook uit hul teensanders kan speel nie.

Dit is asof die span net eenvoudig nie uit tweederat kan kom nie. Al die bestandele vir ‘n wenresep is daar, maar dit wil voorkom of die kok dalk besig is om deur TikTok te blaai.

Wat ons wel weet is dat Eagles ondersteuners nie so gou opgee nie en dat hulle die span sal ondersteun tot in lente van dae.

Of soos die ou gesegde gaan, die geheim tot sukses in die lewe is om sewe keer te val en agt keer op te staan.

Vyf nederlae is genoeg. Kom nou Eagels. Julle weet van beter.

Altyd Trots: Hou ROOI
Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment