Community Featured News

Vonke spat tydens nie so normale Skellendam Raadsvergadering

Written by Mickey Mentz

Twee geelkaarte uitgepluk toe humeure opvlam 

Die onderskeie politieke partye gaan natuurlik verskillende weergawes van dit wat tydens Swellendam Munisipaliteit se Normale Raadsvergadering wat op 28 Augustus plaasgevind het lewer, maar die een aspek waaroor almal saamstem is dat die vonke behoorlik gespat het.

Volgens die Speaker, Juan van Schalkwyk, was hy genoodsaak om te versoek dat twee individue hulself weens onaanvaarbare gedrag van die vergadering verwyder.

News62 het met beide die partye wat geelkaarte ontvang het in verbinding getree en slegs een was bereid om oor die gebeure te praat.

Die persoon meen dat Van Schalkwyk ‘n vloermoer gegooi het omdat die publieke gallery vir die eerste keer in donkiejare stampvol gepak was.

Die pôpô het die fan getref kort nadat Van Schalkwyk ‘n toespraak met betrekking tot die publiek se deelname in raadsvergaderings gelewer het. Volgens hom was daar in die aanloop tot die vergadering “wyd verspreide valse inligting” op sosiale media gedeel dat ‘n mosie van wantroue teen die Burgemeester, Francois du Rand, ingedien sou word.

Bronne in die opposisie (ANC) meen dat so mosie eers (weer) ingedien sal word wanneer die tyd reg is, maar dat hulle reeds daarna uitsien om weer in beheer van die munisipaliteit te wees.

Dit is onlangs berig dat die DA probeer het om Suurbraak Raadslid Donovan Julius om te koop. Hierdie aantygings word egter steeds ondersoek en nog geen konkrete bewyse is gelewer nie.

Hoewel die aantal stemme wat hy in die munisipale verkiesing ontvang het ‘n ander storie vertel, is Van Schalwyk (VF+) se stem tans die belangrikste in die Raad en die moontlikheid bestaan dat teen sy party se koalisie ooreenkoms met die DA (wat tans aan bewind is hier) sal gaan indien die Julius aantygings bewys kan word.

Van Schalkyk Vuur en Vlam

“Vroeg in my toespraak het die persone opgestaan en my in die rede geval. Dit was ‘n direkte oortreding van die Raad se by-wette wat juis so opgestel is om die Raad se integriteit te beskerm.”

Van Schalkwyk het aangevoer dat beide die persone beboet sal word.

Die een persoon wat wel met News62 in verbinding getree het, meen dat die Speaker die kluts kwyt geraak het.

“Ek verstaan nie waarom hy so tekere gegaan het nie. Dit was regtig ‘n dom ding om te doen en dit nog voor soveel getuies.”

Volgens die Speaker was hy nie verbaas dat die twee persone wat tydens sy toespraak opgestaan het, in alle moontlikheid die persone is wat op sosiale media paniek gesaai het oor die moontlikheid van die mosie wat ingedien kon word.

“Hulle het ‘n lyn oorsteek. Ek het nie tydens my toespraak enige name genoem nie so hulle het duidelik skuldig gevoel. Dit was ‘n tiepe van ‘as die skoen pas’ situasie.”

News62 skitter in hul afwesigheid

Dit was een van die koudste dae van die jaar en ongelukkig (of gelukkig) het die News62 bestuur besluit om nie ‘n verslaggewer na die vergadering te Swellendam te stuur nie.

Die hoof rede was dat dit voor die vergadering reeds bekend was dat die ANC nie tydens die sitting weer ‘n mosie teen die Burgemeester sou indien nie.

Die News62 span het dus hierdie berig slegs met inligting wat deur die betrokke partye verskaf is gepubliseer en sien net soos die res van die gemeenskap daarna uit om die berigte van die joernaliste wat wel daar was, te lees.

Sien julle Saterdag by die Stryders se wedstryd teen die Buffalos van Buffeljags op DIE RASPER.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment