Community Lifestyle News Sport

Stryders seevier in doodsnikke

Young Turbos toon uitstekende sportmangees

Deur Nataniël Pokwas

Dit is tydens hierdie fase in die liga is wanneer ondersteuners rugby van goeie gehalte sien. Veral as albei spanne vir ‘n beter posisie op die punteleer speel.

Barrydale Stryders se afgelope westryd teen Young Turbos, was geen uitsondering nie. Met Stryders vasberaat om weer op die wenpad te kom, het was daar geen twyfel dat ‘n opwindende wedstryd aanshou sou word nie.

Stryders, wie se laaste tuis wedstryd teen die Flying Eagles was, was slaggereed om die skare met puik rugby te vermaak. Stryders het dit wel reg gekry om ‘n oorwining van 34 -31 te verseker, maar die telbord vertel net een storie. Hierdie was ‘n “blockbuster”.

Die wedstryd

Styders, soos altyd, het sommer van die staanspoor gewys hulle wil die bal deur die hande versprei. Die manne was gemaklik en het met tye slegs ‘n paar fases nodig gehad om ‘n deurbraak te maak.

Dit goed en wel, maar toe daag die eerste Turbos skrum op. Die kaptein van Turbos het voor die wedstryd gewaarsku “hou die voorry dop”.

Dit is toe presies wat voor die skare se oë gerealiseer het. Turbos het die Stryders met mening geskrum en net daar besef waar die swakheid van die Trossies lê. Meer as ses skrums het daarna gevolg met Turbos wat elke keer hoog in “torque” druk.

Justin van den Berg skryf op Facebook:
As kaptein van Young Turbos Rugbyklub.
Ek wil my opregte gelukwensing uitspreek met julle welverdiende oorwinning teen ons. Julle vaardigheid, strategie en spanwerk was werklik indrukwekkend, en julle het ‘n wonderlike wedstryd gespeel.
Ek wil julle ook prys vir die sportmangees en respek wat julle deur die wedstryd getoon het. Dit was ‘n plesier om teen julle te speel, en ons het die skoon en regverdige spel waardeer.
Dra asseblief ons gelukwense oor aan julle spelers, afrigters en ondersteuningspersoneel. Ons sien uit na ons volgende ontmoeting en die geleentheid om onsself weer teen julle te toets.
Sterkte met julle oorblywende wedstryde.

Wat bydra tot hoe fisiek die wedstryd was, kan die vier geelkaarte wees met twee vir Stryders en twee vir Young Turbos. Weg van die skrums, het Stryders baie opwindende rugby gespeel. Die losskakel was duidelik meer getaak om te kyk om die bal te hardloop, waar die binnesenter meer van die skopwerk gedoen het. Teen halftyd was die telling 17 – 10 in die guns van Stryders.

Barrydale se rugby kenners op hul pos: Foto Graham Abbott

Met die tweede helfte, het die wedstryd weer ‘n interessante draai gevat. Hierdie keer met Turbos wat die bal begin hardloop. Die buitesenter van Turbos het begin om die stryd in sy hande te neem en het kanale gevind wat die Stryders glad nie opgetel het nie.

Dit het die gees in die Montaguspan verskriklik opgestoot. Hulle aanval was toe net gefokus op skrums en faste bewegings. Met Stryders wat ook nie wou afskakel nie, het dit gelyk asof hulle reg in die hand van Turbos gespeel het.

In plaas van goeie hantering van tyd en spasie, het Stryders met tye die bal net weer terug gesit in die hande van Turbos, wat desperaat was. Hulle het gekapitaliseer. Young Turbos het in die tweede helfte 21 punte aangeteken teenoor die 10 in die eerste helfde.

Stryders het nog 17 punte aangeteken met drie met John Pekeur en hul sterspeler, John Cupido, in die hoek, knap voor die einde van die wedstryd wat die knoop net net deur hak vir die Trossies getrek het.

Melsyn Snyman, losskakel van die Stryders, het die speler van die wedstryd gewen met sy uitstekende aanvallende rugby. Sal ons daardie uitstekende Sonny Bill Williams aangee in die eerste helfde ooit kan vergeet?

Ondersteuning

Dit is die tweede agtereenvolgende wedstryd waar die opponente die Barrydalers bedank vir die gees en die gasvryheid wat die mense toon. ‘n Teken dat rugby die gemeenskap gelukkig maak.

‘n Beter weergawe word na vore gebring. Dit is goed om te weet dat Barrydale hulself gate uit kan geniet maar maak dit ook moontlik vir die wat besoek, om hulle ook gate uit te geniet.

Dit is werklik ‘n plesier om dit te ervaar en geniet het hulle, want die was ‘n titaniese kragmeting. Dit behoort die inwoners van Barrydale trots te maak om sulke positiewe terugvoering te kry vanaf die besoekers.

@news62_za

Saterdag is die dag. Wees daar, wees oppi #Rasper

♬ Big Dawgs – Hanumankind & Kalmi

 

Barrydale Hand Weavers

Leave a Comment