Die eerste appelboom is die week in die gedenktuin wat vir afgestorwe brandweerman Nelio van Rooi opgerig word, geplant.
Verskeie inwoners van Barrydale het sedert die tragiese gebeure op 31 Januarie wat die jong pa en lewe gekos het bydrae tot die oprigting van die tuin gelewer.
Inteendeel, dit het vir baie van sy padkamp bure ‘n passieprojek geword en almal is dit eens dat die man wat sy lewe vir sy gemeenskap opgeoffer het, nie vergeet sal word nie.
Buiten die appelboom wat deur sy vrou Candice geplant is, is daar verskeie vygies en ander inheemse plante aangeplant.
Dit geskied alles op ‘n sypaadjie langs die huis waar Nelio en sy gesin woon.
Volgens Doris Nadler, een van Nelio se bure wat ook skouer aan die wiel sit, is vorder die rehabilitasie van die grond goed danksy die perdemis en ander natuurlike voeding wat die bedings ontvang het.

Doris meen dat hulle uiteindelik ook groente sal plant en hoop ook dat iemand ‘n Protea plant aan hierdie projek sal skenk.
Vir meer inligting of om betrokke te raak kan Doris by 083 666 6125 geskakel word.




