Magpie
Featured News

Pokwas will steeds die beste vir Barrydale lewer

Mitchell Pokwas
Written by Mickey Mentz

Mitchell Pokwas glo dat hy in ‘n kort tyd reeds baie in Barrydale vermag het en hy sien daarna uit om nog verdere verbeteringe in die gemeenskap aan te bring.

Pokwas, onder burgemeester van Swellendam Plaaslike Munisipaliteit, het daarom die opkomende plaaslike verkiesing as uiters belangrik vir die volhoubare vooruitgang van Barrydale beskryf.

“Die DA wil een van die beste munisipaliteite in die land behou en nie dit oorlaat aan ‘n klomp misdaad gedrewe individue nie.”

Derrick America


“Hierdie verkiesing bied kiesers die geleentheid om seker te maak dat ‘n regering aan bewind bly wat die beste kan lewer vir hulle gemeenskap,” verduidelik Pokwas.

Pokwas nooi gemeenskap om aanlyn vir spesiale stemme te registreer

Hy het ook die gemeenskap daarvan verwittig dat registrasie vir spesiale stemme steeds aanlyn of deur ‘n sms na 32249 te stuur, kan word.

“Daar is twee tipes spesiale stemme. Eerstens as jy ongeskik is om by die stemlokaal uit te kom en dan tweedens vir persone wat nie op 1 November by die verkiesingslokaal kan uitkom nie. Hulle kan registreer en dan op die 30 October stem.”

Die plaaslike stemlokaal vir die verkiesing is by die Fort Haven Saal, Vleiplaas en dan ook by Lemoenshoek.

Die Demokratiese Alliansie (DA) is behoorlik vuur en vlam in Barrydale en selfs Parlementslid Derrick America – kiesafdelingshoof vir Swellendam – het hom by Pokwas en sy span aangesluit.

America het volle vertroue in Pokwas en maan kiesers aan om in hul nommers uit te kom.

“Ons het ‘n tweeledige stelsel van verteenwoordiging naamlik wyksverteenwoordiging en perporsionele verteenwoordiging.

“So ons kan die wyk wen met 51% maar as ons nie die proposionele stem nie met ‘n groter meerderheid kry nie maak dit ons vermoë om beheer oor die munisipaliteit te kry baie moeilik,” verduidelik America.

“Wat Barrydale besonder maak is dat ‘n tradisionele ANC wyk twee jaar gelede deur Mr Pokwas met ‘n oorgrote meerderheid vir die DA gewen is. Ek glo met die werk wat hy doen sal ons die wyk sal hou.”

America meen dat die meerdeerheids stem behou moet word sodat die DA kan verseker dat hulle volgehoue verbeterde dienste aan ons mense kan lewer.

“Ons doelwit hier is om te verseker dat ons aan die einde van die dag hierdie munisipaliteit wat die afgelope klomp jare ongekwalifiseerde oudits en skoon audits ontvang het en een van die beste munisipaliteite in die land is, kan behou en nie dit oorlaat aan ‘n klomp misdaad gedrewe individue nie.”

*Advertensie

*News62 wil mooi hiermee alle politieke partye om hul planne vir die opkomende verkiesing met ons lesers te deel. Kontak ons gerus by editor@news62.co.za

Lees ook:

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment