Barrydale inwoner Erna Gericke is vanoggend (22 Maart) tragies oorlede nadat sy op ‘n staproete buite die dorp ernstige beserings opgedoen het.
Erna het gister middag gaan stap en toe sy nie na haar gesin terug gekeer het nie is ‘n soektog deur die gemeenskap van stapel gestuur. Die soektog het tot die vroeë oggendure geduur en sy is deur haar jongste dogter en haar vriend gevind.
Die presiese besonderhede rondom hierdie tragedie is nog nie bekend nie.
Ds Olivier Muller van die NG Kerk het die skokkende nuus met sy gemeente gedeel.
“Sy (Erna) is gevind op ‘n wandelpad daar na die valle toe en die persoon wat haar ondersoek het, het die vermoede uitgspreek dat dit waarskynlik ‘n ongeluk was.”
‘n Amptelike verklaring van Barrydale SAPD is nog nie beskikbaar nie, maar News62 kan bevestig dat Gericke se voertuig by die wandelpad gesteel is en dat dit later opgespoor is.
*Bevestig: Twee verdagtes is deur Barrydale SAPD gearresteer nadat hulle in besit van die gesteelde voertuig betrap is.
Ons innigi meegevoel gaan uit na die gesin gedurende hierdie moeilike tyd.




