Community Featured

Selanvor se musiekdroom word in Kleinmond waar

Written by Mickey Mentz

Barrydaler ontmoet Rymkletstroebadoer

Dit was sonder twyfel die hoogtepunt van sy musiek loopbaan toe geliefde Barrydale digter, Selanvor Platjies, die Rymkletstroebadoer Frazer Barry by sy studio in Kleinmond besoek het.

Franzer is moontlik een van die belangrikste rolmodelle in Selanvor se lewe en die feit dat hulle blad kon skud…. kom ons praat eerder nie oor die jong rapper se opgewondenheid voor (maar veral na) hulle so ‘n paar ure saam spandeer het.

Die twee het ontmoet nadat Frazer hier ‘n berig oor Selanvor se huis wat afgebrand het gelees het. Die leier van Tribal Echo het toe sommer gou besluit dat hy die jong man wil help waar hy kan en binne ‘n paar weke is die ontmoetting met vergunning van Net vir Pret opgestel.

*Selanvor en sy gesin se gebede is intussen verhoor en die dak is op!

‘n Ontmoetting wat ‘n man nie gou sal vergeet nie

Een ding moet ons ook mooi verstaan… Frazer is deesdae meer bekend as aanbieder van die KykNet program Fiesta, maar kom ons vergeet nie dat hy ‘n kranige digter, musikant en alom geniale skrywer is wat hom daarop toespits om met sy gawes ‘n daadwerklike verskil in sy gemeenskap (en die land) te maak.

Musiek is in sy bloed en hy pleeg woordkuns byna daagliks.

Selanvor in sy noppies

“Dit was die beste ding wat nog in my musiekavontuur gebeur het en ek sal wat gee om weer so ‘n oomblik te beleef,” vertel Selanvor.

Vanuit die staanspoor was dit duidelik dat die musiekreus ‘n groot impak in die jongman se lewe sou maak en in die kort tydjie wat hulle saam spandeer hert, het Selanvor heel moontlik van die beste wenke oor musiek en die lewe ontvang.

‘n Mentor moet moes jou taal praat, of hoe?

Frazer ook sommer gou Selanvor se spreekwoordelike bubble gebars toe hy aan hom verduidelik het dat daar nie geld temake is in die musiek bedryf nie.

Musiek: Geliefde Barrydale digter, Selanvor Platjies ontmoet die Rymkletser Frazer Barry by sy studio in Kleinmond.
Selanvor Platjies en Frazer Barry gesels oor musiek en die lewe


“Hy het verduidelik dat ek moet vergeet van musiek en fokus op my digkuns en die redes waarom ek musiek maak. Ek het geleer om te fokus op my emosies en dit in my digkuns en musiek uit te bring,” vertel Selanvor.


Franzer meen dat  Selanvor baie talent het en dat hy ‘n punt daarvan moet maak om die klanke en karakters van Smitsville en Barrydale vas te vang.


Selanvor het belowe dat hy dit wat hy by sy musiek ikoon geleer het gaan toepas.

Selanvor, ons wag…

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment