Francois Brill
Featured News

Bloureën en Bougainvillas vir Barrydale

Barrydale entrance
Written by Mickey Mentz

Dorp ingang word eersdaags opgeknap

Barrydale is besig om ‘n nuwe baadjie te kry en dit is te danke aan Helena Joubert wat besluit het dat die verwaarloosde gras afdak by die dorpsingang net eenvoudig nie verder sal deug nie.

Met die hulp van Swellendam Munisipaliteit se gemeenskapsdienste direkteur, Keith Stuurman, het opknappings werke vandeesweek begin.

Die toekoms lyk rooskleurig

Die plan is eenvoudig; die ingang van die dorp moet die natuurskoon waarvoor Barrydale bekend is weerspieël.

“Die beplanning is, in samewerking met die munisipaliteit, dat dit ‘n verfraaing met plante is en nie konstruksie nie,” het Helena verduidelik.

“Sodoende kan ons die dorpsingang sag maak sodat dit kan aansluit met Barrydale in Bloom. Barrydale is uiteraard ‘n baie mooi dorp en die riet/gras bedekking wat daar was het geen doel gedien nie.”

Volgens Helena, wie reeds 55-jaar in die dorp woon, kan die bestaande konstruksie gebruik word as basis vir blomryke rankplante soos Bloureën (Wisteria) en Bougainvillas.

Dit gesê, besef sy dat sy en Stuurman die hulp en insette van die gemeenskap gaan nodig hê.

Daarom word inwoners na ‘n Barrydale verfraaiings vergadering wat op Donderdag, 24 Maart plaasvind, uitgenooi.

Die byeenkoms sal om 11:00 by die Karoo Art Hotel geskied en daar bestaan ‘n sterk moontlikheid dat daar koek en tee betrokke gaan wees.

*Hierdie artikel is deur Ruth Goodman van die Dormehl Property Group moontlik gemaak. Ruth glo daarin dat eiendomsagente wat hul sout werd is eers Barrydale verkoop alvorens hulle huise verkoop.

Lees ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my hond se naam is Bella.

Leave a Comment