Rewaldo Fortuin het sowat vier jaar gelede sy vriende se advies gevolg en vandag vind hy homself in Bloemfontein waar hy die Boland span in die Onder-15 afdeling by die Nasionale Junior Rolbal Kampioenskappe verteenwoordig.
Hy en mede Barrydale uitblinker Giovanni Hartnick het reeds Saterdag die langpad saam met hul spanmaats aangedurf.
My doelwit is om my beste te gee

Opgewondenheid loop hoog
Hulle het op 26 Maar douvoordag die spanbus by die Country Pumpkin ingewag en die jong manne was vol moed dat hulle ook in die Oranje Vrystaat sukses sou behaal.
Rewaldo (13) was uiteraard baie opgewonde om Bloemfotein te besoek.
Hy het weens sy deelname aan die sport reeds die strate van Porterville, Wellington, Worcester, Swellendam, Bredasdorp en Ladismith gesien en as dit van hierdie BF Oosthuizen Primêr leerder afhang, gaan hy oor die volgende paar jaar nog baie dorpe op sy lys byvoeg.
“Baie vriende het vir my gesê dit is lekker om rolbal te speel en ek geniet die sport en om nuwe plekke te verken.”
Rewaldo is ook trots om in Barrydale te woon en hy het vertel dat hy soms die rustigheid van die dorp mis as hy op ander plekke deelneem.
“Barrydale is stil en hier is baie sport hier. Ek hou ook daarvan om skaak te speel.”
Rewaldo ook ‘n belofte aan sy afrigter, Meneer Renaldo Claassen gemaak:
“My doelwit is om my beste te gee.”