Community Sport

Fortuin het Grobbelaar in sy visier

Written by Mickey Mentz

Colin Fortuin en Hein Grobbelaar is dit eens dat hul vriendskap op 12 Desember vir sowat vier minute van geen belang sal wees nie.

Vir daardie tydjie gaan dit om oorlewing in die bokskryt wat by die Barrydale Rolbalklub opgerig gaan word.

Kenners meen hierdie geveg tussen Swellendam Munisipaliteit se bloedbroers wat bedags die dorp se ‘kruiewa’ met trots beman, een van Barrydale Fight Night se hoogtepunte gaan wees.

Toegang vir geveg(te) is gratis en COVID-19 regulasies sal streng toegepas word.

Staatgeveg. Barrydale Boksers gereed vir aksie

Die News62 redaksie kan bevestig dat die kajuit van die vragmotor waarin Fortuin en Grobbelaar daagliks rondry, oor die volgende week aansienlik kleiner gaan wees.

“Bedags is hulle beste vriende, maar wanneer hulle die bokshandskoene aantrek is dit ‘n ander saak,” verduidelik Panic Room Boxing Club afrigter Conroy Williams.

Williams het in samewerking met bokslegende Theo Modise dit sy taak gemaak om van normale inwoners van die beeldskone klein Karoo dorpie, volwaardige vegters te maak.

“In minder as twee maande het ‘n groep Barrydalers geleer wat dit verg om ‘n goeie bokser te wees en ek is in my noppies met die resultate,” het Williams verduidelik.

Om vir twee rondtes van twee minute in ‘n bokskryt te wees kan volgens Williams, wat ‘n Westelike Provinsie skopbokskampioen is, soos ‘n ewigheid voel en om die rede het hy ekstra klem op die fiksheid van sy vegters geplaas.

Dus het elkeen wat aan die oefen sesessies deelgeneem het, reeds voor die gevegte reeds persoonlike oorwinnings behaal. Het julle gewonder waarom Bryron by die Agri Mark se voetwerk so verbeter het? Gym pappi!

Intussen word daar beweer dat Fortuin ‘n punt daarvan gemaak het om al die ProNutro wat op die OK se rakke was te koop. Dit gee glo ekstra krag en hy hoop om die vrugte van hierdie besluit in die ring te pluk. Dit het hom ‘n small fortune gekos.

Grobbelaar het weer volgens betroubare bronne elke aand na werk 150 push-ups in sy groentetuien gedoen aangesien hy ietwat bekommerd is dat sy opponent wat aansienlik meer ervaring het (Fortuin is het ‘n klein ouderdomsvoordeel).

“As Mike Tyson nog kan baklei is dit geensins te laat vir my nie,” het Fortuin glo tydens laasweek se stamina sessie aan Williams verduidelik.

Hoe dit okal sy, hierdie geveg gaan sonder twyfel een vir die rekordboeke wees aangesien beide hierdie bekwame vegters.

Alle fondse wat deur hierdie “vriendskaplike” gevegte ingesamel word, sal aangewend word om te sorg dat Panic Room Boxing Club se vegters gedurende 2021 aan die provinisale kampioenskappe kan deelneem.

Lees ook: Agri werknemers gereed vir groot geveg

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel soveel so dat ek dit deesdae ook verkoop. My honde se name Obi en Jasper.

Leave a Comment