Lifestyle Music

Sex shop senasie speel die naweek in die Saloon

Willim Welsyn
Written by Mickey Mentz

Willim kan nie wag op die Mainstage van die Klein Karoo te jol nie

Willim Welsyn se eerste live show van sy loopbaan was by Ronnie’s Sex Shop buite Barrydale.

Dit was eendag lank-lank gelede nog voor Facebook of die internet regtig bestaan het.

Wie sou kon dink dat die jong klong van Ladismith later een van die mees beroemde Afrikaanse rock ‘n roll musiekante sou word?

Hy het al ‘n stuk of agt oorsprongklike albums vervaardig en hy is ook famous vir sy podcast WAT met Willim Welsyn wat ‘n ATKV Mediaveertjie gewen het.

Willim tree more, 18 Desember, by die Karoo Saloon as deel van hul Under Karoovian Skies Musiekfees op en die wenner van die Huisgenoot Tempo skiem dat die Saloon deesdae as die mainstage van die Klein Karoo beskou word.

“My laaste gig by die Saloon in 2019 was ‘n spectacular een,” verduidelik Willim.

Inteendeel, dit is altyd amazing om by die Saloon te speel aangesien Marius en Janet (ek beskou hulle as Rock Royalty)  jou soos deel van die familie laat voel.”

Willim het ook al saam met Jannie Hanepoot van Tonder by die Karoo Art Hotel gespeel (2010) en die Klein Karoo Cowboy in hom word nou maar net altyd aangewakker as hy in die geweste uitslaan.

Sy show begin 8uur en die keer maak Juandre Swanepoel se band De Wallen vir hom oop – dit opsig self behoort ‘n amazing ervaring te wees.

Om Saterdag op die regte noot af te skop kan feesgangers gerus nader skuif om na gereelde Saloon besoekers, Crowfoot, te luister.

Van ‘n Sex Shop stage tot in die sitkamer van Rock Royalty – wees gewaarsku, Welsyn bring die pyn.

Lees Ook:

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella en Obi.

Leave a Comment