Abraham Daivds is onlangs as Barrydale Rolbalklub Kampioen bekroon en hy het sy sukses aan ‘n kombinasie van deursettingsvermoë en fokus toegeskryf.
Hy het in die finaal met die dorp se witwarm junior kampioen Giovanni Hartnick afgereken en erken dat die opponente wat hy voor hierdie stryd teëgekom het, het as die beste voorbereiding gedien het.
Giovanni, ‘n kranige speler wat op provinsiale vlak uitblink, het tydens die finaal uitstekende sportmanskap getoon deur in die laaste kop die spreekwoordelike knie vir die nuwe kampioen te buig toe hy besef het dat daar geen terugkom kans vir hom was nie.
Abraham, oftewel Boetie soos Barrydalers hom ken, het sonder twyfel sy beste vir laaste gelos en sy kanniedood benadering tot die spel was duidelik sigbaar – selfs in die finaal wat hy oortuigend gewen het.
“Jy moet nooit ophou glo in jouself nie. Selfs al gaan dit moeilik, moet jy aanhou glo dat jy dit kan doen en jy moet aanhou streef om te verbeter,” vertel Boetie.
Hy het sy eerste wedstryd van die kampioenskappe gesukkel en dit het hom laat wonder of dit dalk nie die dag sou wees wat hy koning te kraai nie.
Maar instede daarvan om na die aanvanklike terugslag in een te stort het hy sy sokkies opgetrek en bly glo dat hy kan (en gaan) verbeter soos die dag verloop.
Soos die geval was toe sy span die besigheidsliga gewen het, meen Boetie dat die geheim tot sukses in ‘n speler se vermoë om te fokus lê.
“Dit maak nie saak wat om jou gebeur nie, wat langs die baan gebeur nie, jy moet gefokus bly dit is die belangrikste van alles.
Fokus en wilskrag in ag geneem, erken Boetie dat hy genoeg geoefen het om so ‘n bietjie geluk te verdien.
“Die geluksgode was aan my kant en toe ek na die tyd na die onderskeie tellings van my wedstryde gekyk het, kon ek nie glo dat ek dit gemaak het nie.
“Die gevoel na alles is ongelooflik. Om te weet dat mens nie net die speler van die wedstryd was nie, maar ook die kampioen van die dorp is, is ‘n onbeskryflike gevoel.”
Rolbal is vir almal
Boetie het maar ‘n paar jaar gelde die spel opgeneem en is vandag een van daardie manne wat die jeug motiveer om ook betrokke te raak by ‘n sport wat altyd gesien was as ‘n ou man sport.
Sy advies vir enige persoon wat dit dalk oorweeg om aan te sluit en deel te neem is eenvoudig: “Kom net op die green, daar sal jy go uitvind dat dit nie ‘n oumens sport is nie.
Lees ook:





