Dit is nie net ‘n eerste vir Barrydale Panic Room se vegters, maar ook ‘n eerste vir die dorp dat drie jong manne daarin geslaag het om vir die SA National Kickboxing Championships wat tussen 12 en 15 Mei in Mosselbaai plaasvind, gekwalifiseer het.
Nou is dit egter tyd dat die gemeenskap hierdie manne ondersteun!

Hulle het die harde werk in die gym ingesit en nou het hulle so ‘n klein bietjie hulp nodig om die beste van hierdie geleentheid te maak.

Die totale koste om die Barrydale Drie Mosselbaai toe te stuur is R5000 (verblyf en kos ingesluit) – enige persoon of besigheid wat ‘n bydrae kan lewer word versoek om met hul afrigter, Conroy Williams, in verbinding te tree.
Conroy kan by 073 160 1338 geskakel word.

