Community Environment

Gemeenskap tree in om kliniek op te knap

Written by Mickey Mentz

Tot hiertoe en nie verder nie. Dit was Helena Joubert se uitgangspunt toe sy besluit het om saam met ‘n groep vrywilligers die terrein rondom die Barrydale Kliniek op te knap.

Die groep vrywilligers het op 16 Maart in samewerking met Frans Swart van Swellendam se gemeenskapsdiens begin om die tuin by die kliniek op te knap.

Hoewel die Barrydale in Bloom span onder leiding van Shane Petzer reeds baanbreker werk gedoen het om plante aan te plant het Helena besluit dat nuwe rusbankies en verdere opgraderings nodig is.

Die besluit om hier ‘n verskil te maak kom nadat Helena en haar man Kobus in Desember siek geword het.

Hulle is aangeraai om na die kliniek vir ‘n Covid-19 toets te gaan en terwyl die bekende egpaar van Barrydale baie in hul noppies met die diens van die mediese personeel was, het hulle gevoel dat die gebied buite die gebou beslis verbeter kon word.

“Ons het positief getoets en ons is deur die nare ervaring en hoewel ons goeie diens ontvang het, het ons besef dat daar meer gedoen kan word vir mense wat hier in die son (en later die koue) moet wag.”

Helena het Shane in die verband genader en binne ‘n paar dae het die span vrywilligers aan die werk gespring.

Hierdie plan om die kliniek te verfraai gaan op ‘n weeklikse basis geskied en diegene wat deel van hierdie proses wil word kan vir Shane by 079318 4289 skakel.

Die volgende werk sessie is vir Donderdag 25 Maart om 10:00 bevestig. Almal is welkom.

Barrydale Hand Weavers

About the author

Mickey Mentz

From my Barrydale base, my goal is to tell the stories of people and places on the picturesque R62. Ek het oor die jare 'n cappuccino verslawing ontwikkel en my honde se name is Bella, Obi en Jasper.

Leave a Comment