Die gemeenskap van Barrydale het weereens bankvas agter Sersant Conroy Williams se Panic Room gevegklub gestaan toe sowat 85 deelnemers aan die eerste uitgawe van Run the Dale deelgeneem het.
Hierdie pret wedloop wat deur No Ordinary Week/Weekend (NOWW) se Alan Hardakar georganiseer is, is op 5 Junie oor drie afstande, 5km (stap), 11km en 21km beslis.
Alan wie? Volg die skakel hieronder om meer oor die adrenalien vraat:
Die algehele wenner was sport en die dorp is veral trots op Barrydale SAPS Stasiebevelvoerder Kaptein Carolus wat derdeplek in die 21km afdeling behaal het.
“Dit was weereens uitstekend om te sien hoe die gemeenskap Panic Room onderstuen het en dit was vir my veral ‘n riem onder die hart dat die seuns wat ek oplei ook hul kant gebring het op die dag. Die blootstelling was uitstekend. Dankie Barrydale!,” vertel Williams.
Die onderskeie wedlope het by die plaaslike Ontspannings Klub begin en die wenstreep was by die Karoo Daisy.
https://www.facebook.com/plugins/post.php?href=https%3A%2F%2Fwww.facebook.com%2Fpermalink.php%3Fstory_fbid%3D111195451177301%26id%3D101192498844263&show_text=true&width=500
Alle winste is aan Williams se Panic Room geskenk en hy sal die gelde aanwend om te sorg dat die groep jong manne wat hy oplei aan verskeie skopboks kampioenskappe in die provinsie kan deelneem.
NOWW is ‘n groep manne wat gemeenskappe regoor die land oor naweke met opwindende sport aktiwiteite bymekaar bring en hul doelwit is om voor die einde van die dekade die piek van Everest te sien.
Terug in op die roete was dit weereens uitstekend om te sien hoe die Barrydale Hand Weavers span enige en alle gemeenskapsaktiwiteite as spanbou geleenthede benut.
Die Hand Weavers was gedurende die week ook op RSG waar toesighouer Jackie Fortuin nie net die besigheid maar ook die dorp in sy geheel uitstekend bemark het.
Weavers eienaars Arran en Kate Bastable en hul moes natuurlik hul Skotse kultuur ten toon stel en saam met die boere gemeenskap was dit duidelik dat Barrydale net eenvoudig ‘n ongelooflike plek is om te woon.
Run the Dale is ook uitstekend deur die jeug ondersteun aangesien die waterpunte deur die Barrydale Eco Warriors en Barrydale Youth Desk troepe beman is.
“Dit was goed dat ons by die gemeenskap kon deel raak en veral by Conroy van die Panic Room wat reeds so ‘n groot verskil in die gemeenskap maak,” verduidelik Barrydale Youth desk onder voorsitter Peden Swart.
“Dit was vir ons lekker om te kan wys die jeug is daar vir Barrydale en dan is dit ook vir my ‘n groot voorreg om bekend te maak dat ons, in samewerking met Net vir Pret en die Khoisan raad op 16 Junie Jeugdag vieringe sal aanbied.
Na afloop van die wedrenne het Reuben Hart en sy trawalies vir vermaak gesorg en dit was ‘n groot verrassing dat die Karoo Saloon brakke ook hulle gewig after hierdie lekker gemeenskap opskop gegooi het.
Volgens Hardakar word die volgende Run the Dale reeds beplan.








